Staan dan vasVoorbeeld

Staan dan vas

DAG 5 VAN 5

'n Triomfantlike Christelike lewe

’n Triomfantlike Christelike lewe is prakties. So prakties soos: Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk. Wanneer hierdie vier oortuigings 'n integrale deel van jou Christelike geloofslewe is, sal dit tot oorwinning aanleiding gee. 'n Oorwinnende Christelike lewe is nie 'n lewe waarin daar nie uitdagings, versoekings of vervolging is nie. Trouens, die beproewing van jou geloof is onvermydelik en ook noodsaaklik, want dit bewerkstellig getrouheid, deursettingsvermoë en 'n rein Christelike karakter (Romeine 5:3-5 en 1 Petrus 1:6-9). Daar kan tog nie oorwinning wees indien daar nie 'n stryd is nie. Onthou wat Jesus ter wille van jou en die ganse mensdom deurgemaak het sodat sy voorbeeld jou tot groter standvastigheid sal dring (Hebreërs 12:3-4). Dit is gewis die waarheid dat standvastigheid in die geloof geestelike deurbrake bewerkstellig en jou groot vrymoedigheid voor jou hemelse Vader gee. 'n Triomfantlike geestelike lewe is nie 'n plek waar jy eendag arriveer nie; dit is eerder 'n daaglikse toegewyde manier van leef.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Staan dan vas

In 1 Korintiërs 16:13 is vier kort, maar kragtige stellings wat 'n deurslaggewende rol in 'n standvastige geloofslewe speel, naamlik: Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk. Jy kan nie gelyktydig onbeslis en effektief wees nie. Dit is moontlik om ten spyte van die eise van jou dag steeds vas te staan in die geloof.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/