Tyd om te Staan!Voorbeeld

Marsjeer vorentoe
Josua 14:9: “... en Moses het my daardie dag met ‘n eed belowe: ‘Die gebied wat jy deurgestap het, sal jou en jou nageslag se permanente besitting wees omdat jy volhard het in jou trou aan die Here my God.’"
Hierdie teksvers verwys terug na die groot uittog van die Israeliete vanaf Egipte, ‘n baie lang verhaal. Eindelik was daar na baie jare ‘n erfdeel, ‘n nuwe land, wat God aan Moses belowe het. Maar, hierdie belofte kon net tot volle werklikheid kom deur gehoorsaamheid — om vorentoe te bly stap na die beloofde land.
As ons weer lees van die wapenrusting van God in Efesiërs 6, dan maak dit sin dat ons soldate van God is. Ons word deur Hom toegerus met die regte "klere". Wat meer gewig as die klere dra, is om te beweeg, om deur te stap, marsjeer met fokus en moed soos ‘n soldaat dit sal doen. Hier op aarde moet ons deur baie dinge "stap". Deur hartseer, verlies, trauma, onreg, gebrokenheid en vele meer wat in verskeie vorme verpak is.
Al voel jy totaal verslaan, maar jy haal nog asem, dan is jou verhaal nog nie klaar geskryf nie. Selfs al klink hierdie woorde soos ‘n pleister-plak-deuntjie wéét ek met alles in my: jy kán en sál weer opstaan vanuit jou situasie. Joyce Meyer het al gesê: “You have to go through, to get a breakthrough”.
Gebed: Hemelse Vader, baie gebeure in my lewe voel totaal onregverdig, onnodig en onverdiend. Help my om aan te hou stap, om déúr my omstandighede te stap na die volgende episode van my lewe. Ek wil en sal glo dat wanneer môre kom, u genade reeds daar sal wees.
Motiveer jouself visueel deur die volgende nota op jou spieël of rekenaarskerm te plak: “Ek kan vandag nog ‘n keer ...” Wanneer jou oë dit sien, laat dit ‘n voetspoor in jou brein. My nota is al amper 20 jaar teen my skerm geplak.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Soms kan mens verslaan voel omdat die lewe jou om elke hoek en draai verras — goed of sleg. Meestal is die verrassing 'n uitdaging en dan moet jy deurdruk. Maar jou wil en fokus ontbreek. Dis dan waar die tekkie die teer slaan.
More
Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
