Sy Groot Opoffering, Ons SendingopdragVoorbeeld

His Great Sacrifice, Our Great Commission

DAG 7 VAN 10

‘n Uittreksel: Hoop Teweeggebring deur Rob Hoskins
My pa is in een van sy oë blind en soos hy, ondervind ek ook al vir jare swak sig in een van my oë. Niks het my egter voorberei vir die oggend toe ek wakker word en alle sig in my “gesonde oog” verloor het nie.

My retinas het te dun geword. Die een retina het heeltemal losgeskeur en die ander een was ook amper los. Ek het ‘n noodoperasie ondergaan om my een oog te red. Hoopvol dat my visie sou verbeter, moes ek gedurende die hele ses weke se hersteltyd plat op my maag lê, gesig na onder, om die retina stil te hou sodat dit kon genees. Daar was geen waarborg dat die operasie suksesvol was nie. Indien ek sig in my geopereerde oog sou herwin, sou dit eers na die ses weke wanneer ek opstaan, vasgestel kon word. Daar was die moontlikheid dat ek kon blind wees. Ek kan nie eens begin om my onbeskryflike angs gedurende hierdie tydperk te beskryf nie.

Die eerste operasie het nie my sig herstel nie, en ek het daarna ses operasies gedurende dieselfde jaar ondergaan.

Die dag toe ‘n verpleegster die verbande na die sesde operasie afgehaal het, is nog vars in my geheue. Gewoonlik is my sig so swak gedurende 'n oogondersoek, dat ek nie eens die reusagtige E boaan die oogkaart kan lees nie. Toe die verbande afgehaal is en ek na die oogkaart kyk, kon ek elke letter lees. God beskik oor die krag om te genees en Hy het my sig herstel.

Ons ergste belewenis van pyn en seer kan die vernaamste rol speel om ons van ons roeping bewus te maak. Net so moes Christus gekruisig word om aan ons ewige hoop te bring – om sonde en dood in lewe en vryheid te herskep. So was my gesigsverlies en die jaar van worsteling nodig om my lewe en evangeliebediening te herskep. Wat was jou blindheid, jou donkerste uur? Het jy God toegelaat om jou pyn en seer te herskep in die oorwinning en roeping wat Hy vir jou beplan het?

Ek moedig jou aan om nie 'n enkele tydperk van hartseer onbenut te laat verbygaan nie, maar om na God se plan vir jou lewe daarin te soek. Hy laat ons nie onnodig ly nie, en jou lyding kan die oorgang tot God se eindbestemming vir jou moontlik maak.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

His Great Sacrifice, Our Great Commission

Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die Paasfees-gebeure te kyk. Word opnuut bewus van die rede vir Jesus se koms aarde toe – om die siele van mense te red.

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.onehope.net