Verhoudings wat my vormVoorbeeld

Verhoudings wat my vorm

DAG 7 VAN 8

Dag 7

Handelinge 11:22-24

Nuus van hierdie kerk in Antiogië het die kerk in Jerusalem bereik, so die mense in Jerusalem het besluit om Barnabas na hierdie nuwe kerk te stuur. Ek vind dit baie interessant dat hulle Barnabas stuur. Hulle stuur niemand anders nie. Hulle stuur nie vir Paulus nie. Paulus sou vir hulle gepreek het. Hulle stuur Barnabas omdat hulle weet Barnabas is 'n bemoediger.

Hy het hulle bemoedig. Hy het hulle aangespoor. Hy het hulle bemoedig om getrou aan die Here te bly met hulle hele hart. Hy het ‘n bediening van bemoediging. En die woorde wat my die meeste hier getref het: ‘n Aansienlike groep mense is deur Barnabas na die Here gebring as gevolg van sy bediening van bemoediging.

Om te bemoedig is om waardering uit te druk. Kan ek jou vra, en ek vra myself, spreek jy ooit waardering uit vir jou vriende? Sê jy ooit vir jou maat, ek waardeer jou regtig, en vertel hulle hoekom? Vir jou lewensmaat: Ek waardeer jou dat jy elke aand vir ons kook. Ek waardeer dat jy vir ons voorsien. Ek weet dit is soms moeilik en jy hou dalk nie van jou werk nie, maar jy maak seker dat ons kan lewe, en ek wil net sê ek waardeer jou en wat jy doen.

Vir jou vriendin: Ek waardeer jou dat jy altyd uitreik om te hoor hoe dit gaan. Ek is nie altyd so goed met my foon nie, maar dankie dat ek weet jy is altyd daar vir my. Ek waardeer jou. Ek doen regtig.

Sê ons ​​dit vir mekaar?

Hoe sou dit wees om vandag na iemand wat ‘n vriend of vriendin vir jou is te gaan, en jou waardering vir hulle op 'n baie spesifieke manier uit te druk? Dit is die bediening van bemoediging. Die atmosfeer verander. Het jy dit gesien in die teks? ‘n Aansienlike groep mense is deur Barnabas na die Here gebring as gevolg van sy bediening van bemoediging. Kan jy jou indink … die atmosfeer verander, die atmosfeer verander.

Wie moet jy bel — met wie moet jy praat?

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Verhoudings wat my vorm

Dink jy dat verhoudings ʼn baie belangrike deel van jou lewe is? As jy so dink, maak jy ʼn denkfout. Verhouding is nie baie belangrik nie – dis al waaroor dit gaan.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/