UNCOMMEN: Herwin Jou Identiteit As ManVoorbeeld

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

DAG 1 VAN 5

Hou Op Om Jou Eiewaarde Uit Te Lewer

Ek lewer dikwels my eiewaarde uit aan ander mense. 'n Kliënt, 'n vriend, sosiale media, my kinders, 'n politieke kandidaat, rugbyspan wat wen (in 'n wedstryd waarin ek nie eers self speel nie), ensovoorts.

Ernstig.

Sommiges mag vinnig sê: "Ek gee nie om wat ander mense dink nie," maar dan sien jy hoe dieselfde persoon hul eiewaarde deur ander dinge probeer verhoog. Deur sukses, hul werk, nog 'n transaksie, 'n fisieke uitdaging te bowe kom, nog 'n produk verkoop, 'n motor koop, 'n kombuis laat oordoen, 'n toekenning ontvang. Hiermee sê ek nie dat daardie dinge sleg is om na te streef nie. Inteendeel, dit is alles wonderlike dinge. Ek is egter van mening dat wanneer ons daardie dinge doen om ons eiewaarde voor ander mense te skep, ons in werklikheid besig is om onsself moeg te hardloop op die trapmeul van selfheid.

Kom ons erken dit. Ons almal poog om ons eiewaarde te verhoog met dinge waarmee ons nie moet nie. Die wêreld sê jy is nie goed genoeg nie. Elke. Enkele. Dag.

Hoe vergoed ons daarvoor? Ons skyn 'n kunsmatige lig op ons geveinsde lewens om ons beter oor onsself te laat voel. In werklikheid voel ons onseker, bang en het ons behoefte aan die bevestiging van ons ware identiteit.

Wat doen ons dus met 'n valse eiewaarde? Ons jaag toekennings na om erkenning te verkry by ons portuurgroep, ons vriende, miskien selfs by ons eggenote wat ook soekende is na bevestiging in al die verkeerde plekke. Ons skep verhoë, ligte, toekenningsgeleenthede en hertwiet ons eie sukses. Ons skryf boeke om te bewys dat ons suksesvol is en wys vir ander hoe hulle net soos ons kan wees. Ons skep selfs ons eie aanhalings om op Facebook te laai en bekend te stel in die hoop dat dit met baie bewonderaars begroet sal word. Ons bemark die inhoud van ons lewens om goedkeuring te verdien. Ons het kenners geword om ons eie glorie uit te basuin terwyl ons ewe skynheilig sê: "Ek is geëerd om hierdie toekenning te wen" — tog loop ons harte oor van selfsugtige trots.

Ons offer ons unieke identiteit op deur soos al die ander te word. Ons jaag bevestiging na soos 'n dwelmmiddel. Ons skik ons na 'n lewenswyse wat aan ons voorgeskryf word soos 'n pil wat ons nie wil drink nie, maar wat ons glo ons moet drink om "suksesvol" te wees. Ons is bereid om dit heel in te sluk ten koste van familie, gesondheid, lewe, vriendskap en ons ewige siele. Ons laat ons vrouens wag, en ignoreer ons kinders wat na ons aandag smag, net sodat ons nog 'n vergadering kan dagboek en nog 'n opdatering aan mense kan stuur wat in hul eie kwessies verstrengel is.

Wat nou gedaan? Dit is nou die tyd om op te hou om jou eiewaarde uit te lewer aan dinge wat vir jou gaan lieg. Dit is tyd om jou eiewaarde te verkry van iets buite jouself. Is jy gereed om te hoor wat jou Hemelse Vader vir jou wil sê? Sluit vir die volgende paar dae by ons aan en herwin jou identiteit in Christus.

Meer oor die Outeur: Sam Casey is die Besturende Vennoot by Banyan Creative gebaseer in Charlotte, North Carolina. Hy is ook die Inhoudredakteur vir Uncommen.org

Meer oor die Ontwerper: Tj Todd is die Hoof Uitvoerende beampte / Kreatiewe Direkteur by Studio490 gebaseer in Charlotte, North Carolina. Hy is ook die Kreatiewe Direkteur en Webwerf Ontwerper vir Uncommen.org

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

UNCOMMEN: Reclaiming Your Identity As A Man

Ons wil mans help om te wen. Wanneer mans wen, wen hul vrouens, kinders, en die gemeenskap. Wanneer mans wen, hoef ons nie so baie skuilings te bou vir families wat in die steek gelaat word nie, of vir die nadelige psigologiese en emosionele uitwerking van vaderlose kinders te betaal, of om soveel mishandelde en verwaarloosde vrouens te versorg nie. Indien ons maatskaplike euwels wil oplos, sal ons 'n paar ongewone benaderings nodig hê. Ons sal mans benodig wat hul ware identiteit in Christus verstaan.

More

Ons wil graag UNCOMMEN bedank vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.uncommen.org