Vind God in WerkloosheidVoorbeeld

Finding God In Unemployment

DAG 4 VAN 7

Geroepe om te Werk

Om die "regte" geleentheid te vind wanneer ons werkloos is, kan hopeloos lyk. In die boek Rut vind ons 'n voorbeeld van iemand wat werk soek in minder-as-ideale omstandighede.

Toe Rut en Naomi in die nood was, het Rut nie die perfekte werk gekry nie. Om graankorrels op die landerye te versamel was nie 'n vaste werk met gereelde ure en 'n salaristjek nie. Rut kon nie noodwendig verwag om soveel te verdien dat sy haar gesin kon voed nie. Sy was onseker of sy toegelaat sou word om haar "pos" te behou. Sy het nogtans gaan werk. As 'n gebrek aan werk ons met oënskynlike geringe geleenthede laat; wanneer diskriminasie ons verhoed om die werk te kry waarvoor ons gekwalifiseer is; indien omstandighede ons verhoed om die opleiding te kry wat ons nodig het vir die werk wat ons wil hê; of wanneer die omstandighede om werk te kry hopeloos lyk, demonstreer Rut se voorbeeld dat ons nogtans geroepe is om te werk.

Ons is almal kwesbaar vir omstandighede wat dit moeilik of onmoontlik maak om 'n bestaan te verdien. Natuurrampe, afdanking, oortolligheid, vooroordeel, beserings, siekte, bankrotskap, onregverdige behandeling, wetlike beperkings, taalhindernisse, gebrek aan toepaslike opleiding of ondervinding, ouderdom, geslag, ekonomiese wanbestuur deur ander, geografiese hindernisse, om afgedank te word, en 'n magdom van ander faktore kan ons verhoed om te werk om onsself en ons afhanklikes te onderhou. Tog verwag God van ons om ons volle samewerking by die werk te gee. Ons werk verdien dalk nie eens enige inkomste nie, of dit nou vrywillige werk is om ander te help, versorging van familielede, om onderwys of opleiding te kry, of om na ons huise om te sien. Selfs al kan ons nie 'n werk kry wat aan ons behoeftes voldoen nie, moet ons die beste werk binne ons vermoëns lewer.

Gebed

Here dit is soms so ontmoedigend terwyl ek worstel met wat dit alles beteken. Help my om die krag te hê om Rut se voorbeeld te volg en die dinge te doen wat ek kan doen. Amen.

Verdere Verkenning

Volg die skakel en luister na Haddon Robinson en Alice Mathews wat gesels oor praktiese hulpmiddels om deur 'n tydperk van werkloosheid te kom.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Finding God In Unemployment

Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

More

Dank aan Theology of Work Project wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek hul webwerf: www.theologyofwork.org