Wat Sal Moed Doen?Voorbeeld
God gee my moed om nooit op te gee nie.
Wat beteken dit as die Bybelvers vir ons sê om "nie moeg te word om goed te doen nie?”
Dit is amper soos 'n seuntjie wie se ouers 'n reël het oor lekkers: hy kan net lekkers eet as hulle dit vir hom gee. Hy het besluit om nie meer ongehoorsaam te wees deur skelm lekkers te vat nie. Aan die begin was dit maklik want hy het trots gevoel en sy ouers was bly oor wat hy doen. Hy het toe sy geheime lekkerversameling weggegooi. Dit was baie moeiliker.
Eendag was daar lekkers wat oop en bloot was. Sy ouers het nie vir hom gevra of hy wou hê nie en het nie eens agtergekom dat hy nie van die lekkers gevat het nie. Die seuntjie het begin wonder of hierdie hele lekkergoed-ding die moeite werd was.
Later het van sy vriende vir hom lekkers aangebied. Hy het geweet sy ouers sou nooit uitvind as hy dit sou vat en eet nie, maar hy het dit nie gevat nie. In plaas daarvan dat dit goed gevoel het om gehoorsaam te wees, het dit erger geraak! Sy vriende het hom gespot oor hy nie lekkers eet nie! Kan hy aanhou moed hê om te doen wat reg is? Of sal hy moeg raak om te doen wat reg is?
Hy kan aanhou moed hê, en jy kan ook, maak nie saak watter besluit jy moet neem nie. Bid tot God en sê die Bybelvers vir jouself op. Hou aan om die regte ding te doen en moenie opgee nie. Daar sal vir jou 'n seëning wees op die regte tyd, al vat dit lank!
Kyk na die video, gebruik dan die Bybelvers, Galasiërs 6:9, en doen 'n Bybelvers-soektog. Dit sal jou help om te onthou om die moed te hê om aan te hou doen wat reg is, selfs al verander niks vir 'n lang tyd!
Bybelvers-soektog
- Skryf die hele Galasiërs 6:9 op vyf stukke papier.
- Frommel die papier in balletjies.
- Vra iemand om die balletjies in die huis weg te steek.
- Kyk hoe vinnig jy al vyf afskrifte van Galasiërs 6:9 kan kry!
Gesels Daaroor: Watter seëning dink jy sal God dalk vir die seuntjie gee as hy nie opgee nie? Watter goeie ding moet jy aanhou doen selfs al raak dit moeilik? Watter seëning dink jy sal jy dalk kry as jy nie opgee nie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Moed is nie om nie bang te voel nie. Dit is om op God se krag te vertrou om jou te help om volgens sy wil te lewe al is jy bang! Vir Ouers: Jou kind sal elke dag se leesstuk en vrae beter verstaan as jy hierdie leesplan saam met hulle doen. Hierdie leesplan bevat heelwat speletjies om te speel vir vers memorisering. Jy mag dalk net toesig wil hou oor die gebruik van materiaal.
More