Sout En LigVoorbeeld

Wat wou Jesus hê dat ons oor ons doel moet verstaan toe hy die kerk as die "sout van die aarde" beskryf het?
Hoe suksesvol laat ons Christus toe om in woord en daad deur ons skyn? Wat kan ons, as enkeling en as die kerk, doen om getroue en doeltreffende getuies van Jesus te wees?
Om sout te wees, beteken dalk dat ons vir mense in oorloggeteisterde lande moet bid. Miskien beteken om lig te wees dat ons opofferings maak vir hulle wat in armoede leef. Die kerk behoort te veg vir geregtigheid vir die verdruktes en liefde vir hulle wat verstoot word, net soos Jesus gedoen het.
Tim Keller, pastoor en teoloog, skryf in sy boek "Generous Justice," die volgende: "As die Bybel van geregtigheid praat, beteken dit dat ons so behoort te lewe dat 'n sterk gemeenskap opgerig word waarin mense kan floreer, waar die verweerde begrip van vrede herstel kan word. Dit gebeur as ons die behoeftes van die armes eerste stel."
Jesus het aan die kerk die roeping en opdrag gegee om aan God se sendingwerk deel te neem deur die verlossing en herstel van die skepping. Laai die in-diepte studie van Tearfund ter nadenke deur jou kleingroep af by: What's My Part: Finding Your Place In The Mission Of God.
Aangaande hierdie leesplan

Jesus roep die kerk op om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees. Hierdie eienskappe is broodnodig vir 'n oorvloedige lewe. Hierdie studie ondersoek hoe ons veronderstel is om as die sout en lig op ons reis as Christene te lewe.
More
Verwante Leesplanne

'n Bybelse Perspektief Op Sosiale Verandering

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God

Gewoontes

Rusteloos

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

God Se Plan Vir Jou Lewe

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Jesus: Ons Oorwinningsbanier
