Wat is volgende: Studente UitgaweVoorbeeld
Skuldgevoel teenoor Oortuiging
Noudat jy vir God begin lewe, mag jy agterkom dat jy sekere gevoelens beleef nadat jy iets verkeerds gedoen het. Dit is jou gees wat sensitiewer raak oor wat jy weet reg of verkeerd, goed of sleg is. Dit is belangrik om te weet watter gevoelens van God is en watter gevoelens nie.
In die verse wat jy vir vandag gelees het, het die mense baie verskillende reaksies teenoor God gehad. Nadat Adam en Eva gesondig het, het hul vir God weggekruip en hulself van Hom verwyder. Nadat Dawid gesondig het, het hy na God toe gegaan, Hom aanbid en tot Hom uitgeroep. Adam en Eva het skuldig gevoel. Dawid was oortuig.
Dit is die verskil tussen skuldgevoelens en om oortuig te wees. Nadat jy iets verkeerd gedoen het, sal om skuldig te voel veroorsaak dat jy probeer om vir God weg te kruip en jouself van Hom te verwyder. Jy sal dinge soos die volgende sê: “Ek is nie goed genoeg nie,” “Ek hou aan droogmaak” of “God moet al moeg wees van al hierdie dinge.” Oortuiging werk egter baie anders. As jy droogmaak, sal oortuiging jou nader aan God bring.
Skuldgevoelens kom nie van God af nie; Hy wil nie hê dat jy van Hom verwyderd moet wees nie. Hy wil hê dat jy van jou sonde oortuig moet wees, wat jou dan nader aan Hom sal bring.

Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 7-dag grondslag leesplan, sal jou deur die Woord van God neem om jou te help om te ontdek wie God is en wie Hy jou gemaak het om te wees.
More
Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church