Jesus, ek het U nodig!Voorbeeld
Vandag se Gebed
Jesus, ek het U nodig! U is my Here, my God, my Koning en my Verlosser. U is al my aanbidding waardig. Help my deur u genade om U te ken en so diep en innig lief te hê sodat die dinge van hierdie wêreld vervaag en vreemd verdoof in die lig van u heerlikheid en genade. Ek wil U en U alleen aanbid. Ek wil nie deur my kultuur meegevoer word nie. Ek wil hê U moet my vorm en na u beeld skep. Ek is in U en ek wil een met U wees. Bind my hart aan u hart, en plaas u waarheid diep in my. Ek wil nie net U en u Woord ken nie, maar ook die begeerte hê om my sonde te laat vaar en U en u Woord te volg. Help my om my sonde te sien, daaroor te rou en dit deur u genade te laat vaar. Help my om honger en dors na u geregtigheid te wees. Stel my in staat om U in Gees en waarheid te aanbid!
Jesus, ek het U nodig. Ek moet onthou dat ek in U met elke geestelike seën in die hemelse plekke geseën is. Ek is deur God die Vader voor die grondlegging van die wêreld uitverkies, om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy my deur u kosbare bloed gekoop, die bloed van sy Seun. Ek wil volgens hierdie wonderlike waarheid lewe. Ek het u krag, genade en liefde nodig sodat, ek in enige situasie, met elke persoon, en elke beproewing wat die lewe oor my pad bring, soos u sal reageer — alles tot u eer. Ek wil nie bloot net uiterlik reageer nie, maar eerder innerlik. Jesus, ek wil so naby aan U wees, sodat u Gees uit my voortvloei in alles wat ek sê en doen. Mag ek my vreugde in U vind en U verheerlik.
Jesus, ek het U nodig. Skenk my u genade, u barmhartigheid en u goedertierenheid om U te sien, U te ken, U lief te hê en in pas met U te wandel. Dit maak nie saak waar ek is, wat ek doen, wat ek dink, watter Skrif ek lees, of watter liedjie ek sing nie — mag my denke, my energie en my hart op U gefokus wees en nie op my en my omstandighede nie. Ek wil U en U alleen hê. Laat u koninkryk kom, laat u wil ook op aarde geskied, net soos in die hemel.
Dankie, Here, dat U ons in u Woord belowe, as ons iets in u Naam en volgens u wil vra, dan sal U dit doen. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.
More