'n Paasfees en KersgebeureVoorbeeld

An Easter Nativity

DAG 2 VAN 3

Ek was daar,
maar net 'n klein seuntjie,
die vakleerling van 'n geneser, 'n wyse man.

'n Groepie wyses was besig om die sterre en die profesieë te bestudeer; hulle sê toe ons gaan op reis en sal vir 'n geruime tyd weg wees. Melgior het vir my 'n kis gegee om te dra, daarbinne was 'n kruik mirre, het hy gesê. Dit sou vir 'n kind geskenk word. 'n Vreemde geskenk, het ek gedink, mirre word gebruik om die afgestorwenes te bewaar. Hoekom sou 'n kind dit wil hê? Ons het dus gereis, en gereis! Ons het in Jerusalem aangekom voordat ons na Betlehem gegaan het. Dit is vreemd om terug in hierdie stad te wees.

Melchior het vir my gesê dat die Kind 'n groot Heerser sou word, 'n Koning bo alle konings, maar nie net dit nie, Hy sou 'n priester vir die mense wees, 'n Geneser, en dat Hy uiteindelik sou sterf om almal te red — dit is waarvoor die mirre was.

Vandag het ek dit aanskou, sy ma wat nou ouer is, het ek aan die voet van die kruis herken, onmiskenbaar. Sy het so gebroke gelyk, maar tog ook hoopvol. Ek het Hom aan die kruis sien sterf terwyl die wêreld donker en stil word; en ek het gewonder wat besig was om te gebeur. Hoe het Hy ons gered? Hoe het Hy my gered?

Hierdie monoloog is oorspronklik gebruik as deel van 'n Goeie Vrydag getuie-liturgie. Gebruik dit en die Skrif wat dit geïnspireer het om oor hierdie twee fundamentele gebeure na te dink.

As iemand jou vra hoe Jesus jou gered het, wat sou jou antwoord wees?

Bestee tyd in danksegging vir die offer wat aan die kruis vir jou gebring is.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

An Easter Nativity

Nadenke oor Goeie Vrydag se gebeure soos deur karakters uit die Kersspel vertel. 'n Verbeeldingryke verkenning van die wonder van die Kersgebeure en die offer van die kruisiging.

More

Ons wil graag American Bible Society vir die voorsiening van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting besoek asseblief: https://catholicbiblicalschool.org