Woorde waarvolgens om te leef — Craig GroeschelVoorbeeld

Words To Live By With Craig Groeschel

DAG 3 VAN 3

Bêre dit in jou hart

Teen hierdie tyd het jy reeds die negatiewe gedagtes neergeskryf wat jou denke oorheers en het jy geestelike waarhede ontdek wat spesifiek op jou lewe van toepassing is en daardie houvas kan vernietig. Deur bloot net die waarheid te ken, word die spanning verlig. Pastoor Craig het dit so gestel:

"Spanning gaan nie net oor dit wat jy moet doen nie — maar hoe jy dink oor dit wat jy moet doen."

Dit is ‘n verligting. Weet jy wat? Daar is ‘n manier om seker te maak dat jy altyd die waarheid voorop stel. Luister na die laaste stap van pastoor Craig.

Stap drie: Dink weer aan die geestelike waarhede wat jy in stap twee ontdek het en maak dit jou eie. Ten slotte: bêre dit in jou hart deur dit daagliks te herhaal. Jy kan pastoor Craig se "Words To Live By" en ander voorbeelde by finds.life.church/words vind.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Words To Live By With Craig Groeschel

Jou gedagtes kan jou verhinder om die regte perspektief te sien, jou terneergedruk maak en jou leuens laat glo. Jou gedagtes kan ook opbouend wees! Craig Groeschel, senior pastoor van Life.Church, het 'n paar inspirerende stukkies wyshede neergeskryf wat hy elke dag lees. Kom lees saam en vind uit hoe hierdie woorde sy lewe verander het, en volg drie eenvoudige stappe om jou eie woorde te ontdek waarvolgens jy kan leef.

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/