’n Huwelik wat werkVoorbeeld

Die katalisator van groei
Geen huwelik is probleemvry nie. Dit neem nie lank om dít agter te kom nie. Om twee lewens saam te smelt, het die manier om wrywing te veroorsaak!
Selfs huwelike wat redelik glad verloop, kom te staan voor die storms van die lewe:
- Onvrugbaarheid of miskrame
- Probleme met skoonfamilie
- Finansiële uitdagings
- Teleurstellings in die werkplek
- Hartseer as gevolg van kinders
- Ernstige siekte
- Of selfs die gewone verwisseling van een lewensfase na die ander
Om ’n goeie huwelik te hê, behels nie om hierdie storms te vermy nie. Dit hang af van ons vermoë om hierdie krisisse te hanteer. As julle weet wat gebeur en julleself daarvoor kan voorberei, kan moeilike tye katalisators word wat julle harte nader aan mekaar trek en julle eenheid bou.
Probeer die volgende stappe:
- Herken die geleentheid om te groei.
- Weier om van koers af te raak of slegs te fokus op die spesifieke probleem.
- Draai na mekaar toe en benader die probleme as ’n eenheid.
Die verbond van die huwelik is ontwerp om man en vrou saam te bring in die vlees (Gen. 2:24; Ef. 5:31). Hierdie eenheid is ’n realiteit die oomblik wat julle in die eg verbind word en dit word ervaar deur ’n lewenslange proses.
Wanneer twee mense hulle bagasie in ’n verhouding inbring, voel “een vlees” dalk soos ’n veraf droom. Met God se hulp, ferm toewyding en ’n doelgerigtheid om die storms van die lewe en konflik te oorleef deur te groei, word die belofte van “een vlees” een van die grootste belonings wat ’n mens kan beleef!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God wil hê jy en jou huweliksmaat moet ’n wonderlike, vervullende huwelik hê – om beste maats, passievolle liefdesmaats en geestelike sielsmaats te wees. Twyfel jy of so ’n huwelik selfs moontlik is? God verseker ons dit is moontlik! Dít was sy ontwerp. In hierdie 5-dag leesplan kyk Chip Ingram na Efesiërs 5 en deel hoe paartjies die vervulling waarna ons almal smag, kan vind.
More
Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/41173
Verwante Leesplanne

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Voltydse Volharding

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
