'n Vrugbare LeweVoorbeeld

Het jy al ooit die uitdrukking "Hy of sy het Job se geduld" gehoor?
Job se lewe was gekenmerk deur geweldige verlies en lyding. Dit is die enigste keer in die Skrif waar die duiwel spesiale toestemming gekry het om iemand te toets en dit het hy deeglik gedoen!
Stel jou voor, hoe een boodskapper na die ander met die volgende brokkie slegte nuus kom. Jy het jou lewe op 'n Goddelike wyse geleef. Jy was vir almal 'n voorbeeld van God se guns en seëninge, en in wat soos 'n oomblik gelyk het, is alles weg.
Hoe sou jy reageer? Dit is waar geduld getoets word.
Die Griekse woord vir geduld is hupomone, en dit beteken opgeruimde volharding.
Ek het gedink ek is geduldig totdat ek dit gelees het!
Jy bedoel, ek moet in opgeruimdheid volhard? Ja beslis!
Dit mag dalk 'n uitdaging wees, en die waarheid is, dit is!
Die wonderlike nuus is egter: dit is 'n vrug van die Gees. Galasiërs 5:22 gebruik baie duidelik die woord "geduld". Die geduld wat ons nodig het, ontstaan nie uit ons eie vermoëns nie, maar dit ontstaan deur die bemagtiging van die Heilige Gees. Hy gee alles wat ons nodig het om in opgeruimdheid te volhard.
Hebreërs 10:36 verklaar: "Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het."
Hoe ontwikkel ons hierdie geduld?
Romeine 5 sê: "Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop." Is dit nie soos die Here is nie? Ons begin in swaarkry en eindig in hoop, maar ons kom net deur geduld daar uit.
Ons het almal gehoor dat geduld 'n deug is, en dit is regtig waar! Geduld ontstaan wanneer ons leer om op God te wag, by sy beloftes te staan, op sy geaardheid te vertrou en sy Woord te glo.
Bid dit saam met my: “Hemelse Vader, ek erken dat ek soms daarin tekortskiet om 'n voorbeeld van geduld te wees. Ek verstaan U kan vertrou word, en U hou altyd u woord. Help my om 'n voorbeeld te wees van opgeruimde volharding terwyl ek deur die lewe gaan. Help my om geduldig te wees met diegene om my, met U en met myself. Ek weet dit is 'n vrug wat voortspruit uit my verhouding met u Gees, ek vra dat dit duidelik in my lewe sal wees. In die Naam van Jesus, Amen.”
- Joshua Fontaine, VP Verkope
Aangaande hierdie leesplan

Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.
More