Sewe Dae van Nadenke en Verklarings vir Elke Seun van GodVoorbeeld
![7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34142%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Bear Bryant Wysheid
Oor vyf-en-twintig seisoene, vanaf 1958 tot 1982, het afrigter Bear Bryant die Alabama se Crimson Tide sokkerspanne na ses nasionale kampioenskappe en dertien “Southeastern Conference” (SEC) titels gelei. In die 70's, net voor een van die span se vele groot bekerwedstryde vir die nasionale kampioenskap, is die afrigter deur 'n verslaggewer gevra of hy van plan is om sy span se speelstyl op enige manier te verander.
Die boorling van Arkansas het gereageer deur sy kop te skud en te sê: "Ek is geleer dat jy moet dans met die een wat jou gebring het." Dit verwys na 'n meisie wat 'n man na 'n dans vergesel, maar nadat sy saam met hom daar aangekom het, gaan sy voort om met ander ouens by die bal te dans. Met hierdie voorbeeld het hy probeer sê, dat dit wys en verstandig is om te bly by die metodes en strategieë wat jou gebring het tot waar jy gekom het.
Dit lyk asof Paulus hierdie beginsel in gedagte gehad het toe hy vir die gelowiges in Kolosse gesê het: "Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom" (Kolossense 2:6 AFR53). En hoe het ons Jesus ontvang? "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof", soos Paulus ons in Efesiërs 2:8-9 herinner. Paulus het feitlik dieselfde beginsel in sy brief aan die gelowiges in Galasië uitbasuin. Met meer as net 'n bietjie ontsteltenis in sy toon, het hy die woorde van vandag se kernvers geskryf.
Paulus sou in moderne taal soos volg geparafraseer kon word: ”Kyk, ouens, julle het hierdie nuwe reis saam met God begin deur die genadegawe van die Heilige Gees. Dink julle nou regtig dat julle die res van die weg deur jul eie pogings gaan voltooi? Dit het as 'n gratis geskenk begin. Wil julle nou probeer om deur gehoorsaamheid en verdienste die res van die afstand tot die eindstreep alleen af te lê? Regtig?” (As dit beskikbaar was, sou Paulus waarskynlik die gesigpalm-emoji hier gebruik het.)
Paulus se waarskuwings oor hierdie dinge in sy geskrifte is beide dikwels en kragtig, juis omdat die versoeking vir gelowiges om met "Dade" en "Prestasies" te spog, so sterk is. Potensiële vennote genaamd "Verdien", "Meriete" en "Waardig" vlei ons trots en drang na selfvoorsiening.
Die nederige aanvaarding van God se gratis genadegawes en barmhartigheid, het jou by God uitgekry. Deur eenvoudig "ja" te sê op sy uitnodiging, het jou wonderbaarlik van die plek van duisternis na 'n koninkryk van lig en lewe verplaas. Nou is jy by die nasionale kampioenskap-wedstryd van die ewigheid. Dans met die Een wat jou tot hier gebring het.
Gebedsverklaring: Vader, dankie dat U my deur genade tot by hierdie punt gebring het. Noudat ek hier is, sal ek nie "dans" met "verdien", "meriete" of "waardig" nie. Met nederigheid en dankbaarheid sal ek dans met die Een wat my tot hier gebring het. Soos die lofsang lui: "Dis genade wat my veilig tot hier gebring het en genade sal my lei na oorwinning."
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![7 Days of Meditation and Declarations for Every Son of God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34142%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
'n Dieper begrip van God se genade sal mans herskep sodat hulle hul identiteit sal vestig op wie hulle werklik in Christus is. In hierdie proses sal hulle toegerus word om die duisternis om hulle te verdryf. “Biddende Genade Vir Mans” sal mans stap-vir-stap lei op 'n reis van herskepping — na 'n plek van oorwinning, rus, vryheid en vrede. Laat David Holland se woorde jou begelei op hierdie avontuur met 'n betekenisvolle deurbraak as eindbestemming.
More
Verwante Leesplanne
![Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55460%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
![Voltydse Volharding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54920%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Voltydse Volharding
![BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53912%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
![Staan weer op](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54211%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Staan weer op
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53962%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
![Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54067%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie
![Delf dieper deur Romeine](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54169%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Delf dieper deur Romeine
![Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53497%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)