Infinitum Familie Advent, Week 1Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 1

DAG 4 VAN 5

Die skaapwagters in die Kersverhaal was NIE gewilde mense in hul samelewing nie. Hulle was uitgesluit van al die plekke waar almal gedink het God sou wees. Hul werk het hulle verhoed om na die tempel te gaan omdat almal hulle as onrein beskou het. Hulle was uitgeworpenes.

In die Kersverhaal het die liefde hulle egter nagejaag en na die uithoeke van die samelewing gegaan om aan hulle 'n uitnodiging te rig om ingesluit te wees!

“'n Verlosser is gebore vir julle” het die engele gesê. Bid jou dit aan!

Het jy al ooit onsigbaar gevoel? Nie op die opwindende superheld manier nie (want dit sou nogal lekker wees). Nee, eerder op die manier waar jy WEET jy is nie onsigbaar nie, maar waar jy soms in 'n groep mense voel asof niemand jou "raaksien" nie. Die skaapwagters het waarskynlik so gevoel: onsigbaar vir God en ander. In die Kersverhaal, daarenteen, het liefde hulle nagevolg en is gebore vir hulle. Natuurlik moes hulle toe opvolg wat die engele aan hulle oorgedra het!

Toe hulle Jesus eindelik opgespoor en Hom met hul eie oë gesien het, het dit die boodskap van die engele bevestig: hierdie baba (Jesus, die beloofde Verlosser van die wêreld!) was vir HULLE bedoel!! Daardie ongelooflike ervaring was nie iets waaroor hulle net stilweg kon besin nie. Hulle moes VIR MENSE VERTEL! Dit is wat ons almal doen wanneer wonderlike dinge met ons gebeur. Ons wil dit met ander deel.

Net soos vir die skaapwagters, is Jesus ook vir JOU. Die liefde en skoonheid van Jesus is nie net vir die gewildes, die rykes, die slimmes, die talentvolles nie ... Jesus is vir ons almal. Sy liefde is soos 'n tuiste ... 'n plek om te behoort. Is dit nie beeldskoon om daarby ingesluit te wees nie?

Wanneer jy vandag paaie kruis met klasmaats, broers en susters, mense oral om jou, oorweeg om hierdie gevoel van om te behoort aan mense te bied — net soos Jesus. Dit kan eenvoudig beteken om oogkontak te maak, hallo te sê, iemand te nooi om by jou te sit tydens middagete of met jou te kuier wanneer julle 'n blaaskans vat. Hoe kan jy Jesus se vrygewige aanvaarding van alle mense toelaat om jou omgang met ander mense vandag te inspireer?

Aktiwiteit Idee: Skep skoonheid om met ander te deel — vra vir God om mense op jou hart te lê met wie Hy wil hê dat jy sy skoonheid moet deel (soos die skaapwagters toe hulle hul verhaal gedeel het). Teken vir hulle 'n prentjie en vra vir God: "Wat wil U vir hierdie persoon sê deur hierdie beeld?" Deel dit met die mense wat jou op die hart gelê is.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 1

Terwyl ons hierdie feestyd binnegaan met die bedoeling om God se hart te beleef, is ons vervul met 'n intense verwagting. Sluit by ons aan vir die volgende vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Oorkom, Spasie Skep en Verras word deur God. Soos al die beste dinge van die lewe, is hierdie reis op sy beste wanneer dit saam met ander aangepak word — trek dus 'n vriend of twee nader, asook jou sin van verwondering en betree die Advent tydperk.

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent