Leer Hoop Uit Naomi Se Verlies: Leesstukke uit RutVoorbeeld

Learning Hope From Naomi’s Loss: Readings From Ruth

DAG 2 VAN 5

Dink na oor vandag se leesstuk deur hierdie vrae te beantwoord:

  • Hoe kon Naomi se voormalige bure oor haar gevoel het toe sy terugkeer uit die lande van Israel se vyande, waar sy 'n erger ramp as die hongersnood beleef het?
  • Sien jy God se besorgdheid vir Naomi? Hoe sou jy daardie besorgdheid beskryf?

Trauma en Ons Siening van God

Vandag se leesstuk fokus noukeuriger op die gedeelte waarna ons gister gekyk het. Naomi sien God as die bron van haar bittere lyding (Rut 1:20). Sy glo God is die een wat haar van alles leeg gemaak het en 'n ramp oor haar gebring het (vers 1:21). As gevolg van haar pyn, is sy nie in staat om God se besorgdheid vir haar te sien wat uitgedruk word in Rut se lojale liefde nie. God se besorgdheid vir Naomi is egter nie afhanklik daarvan dat sy dit erken of waardeer nie.

Dink na oor jou verhaal:

  • As jy eerlik is, hoe beskou jy God?
  • Naomi wou eerder “bitter” as “aangenaam” genoem word. As jy 'n naam kon kies wat jou nou beskryf, wat sal dit wees?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Learning Hope From Naomi’s Loss: Readings From Ruth

Die verhaal van Naomi en Rut is goed bekend en baie geliefd. Die bondigheid van en ons vertroudheid met hierdie pragtige verhaal van verlossing, kan veroorsaak dat ons te vinnig deur die temas van verlies, trauma en herstel gaan. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe die ervaring van groot verlies ons verander asook ons siening van God beïnvloed en die onverwagte maniere waarop God sy sorg en voorsiening kan uitdruk.

More

Ons wil graag die Amerikaanse Bybelgenootskap bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://traumahealinginstitute.org