Hoop vir Gewonde Harte: Gedeeltes uit JesajaVoorbeeld

Dink na oor hierdie vraag as jy jou gedagtes laat gaan oor vandag se Skrifgedeeltes: Wat beloof God aan sy kinders in hierdie gedeeltes?
Die Here se Beloftes
God belowe welstand (3:10), voorsiening (25:6), vrede (26:3) uitkoms (51:12) en redding (59:1) aan die wat op Hom vertrou. Hierdie seëninge sal dalk nie ten volle op aarde verwesenlik word nie, maar hulle is aan ons belowe in die hemel (51:11). Alhoewel dit lyk asof lyding en verlies die oorhand kry, kan ons siele onaangeraak bly wanneer ons in God, ons ewige Rots, skuiling soek (26:4, AFR53).
Dink na oor jou verhaal:
- Waarvoor moet jy vandag die Here vertrou?
- Hoekom sal God se sterke arm en oor wat na jou luister, nou vir jou belangrik wees?
Aangaande hierdie leesplan

Die boek Jesaja bevat ryk beelde, profesieë oor die komende Messias en herinneringe aan God se getrouheid aan sy volk. Die profeet Jesaja vertel van God se getrouheid aan die Israeliete en praat van sy hoop op 'n toekomstige verlossing deur Jesus. In hierdie leesplan sal jy meer leer oor God se geregtigheid en deernis en hoe hy teenwoordig is by en naby is aan mense wat swaarkry.
More
Verwante Leesplanne

Voltydse Volharding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?
