Maak My 'n RivierVoorbeeld

Maak My 'n Rivier

DAG 4 VAN 5

Die Rivier Bring Vreugde

Die psalmdigter skryf die volgende: “Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste” (Psalm 46:4). Koning Dawid skryf die volgende woorde: "In U huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van U goedheid."

Ons sien in hierdie twee liedere dat ons in die Rivier van God met blydskap beklee word. Wanneer ons dink aan die woord blydskap, kan ons dit baie maklik verwar met die idee om gelukkig te wees, maar daar is wel ’n verskil. Baie dinge in die lewe kan my gelukkig laat voel, maar blydskap kom slegs van die Here; so ook is blydskap een van die vrugte van die Gees. Dis ’n vrug wat gebore word vanuit my vriendskap met die Heilige Gees. Ek kan dit nie probeer voortbring uit my eie krag nie, dit is iets wat gebeur wanneer ek ingeënt is in Jesus. Die goeie nuus is, ek hoef nie te werk om dit te kry nie, en ek hoef ook nie ’n poging aan te wend om dit te probeer namaak nie. Blydskap kom elke oggend vir die persoon wat die Here liefhet. Wanneer ons as volgelinge van Jesus in sy huis leef, dan leef ons in sy teenwoordigheid, en in daardie plek is daar ’n oorvloed van vreugde. Blydskap en vreugde is hemelse eienskappe, wat aansteeklik is, en wanneer ons toelaat dat die Gees van God hierdie hemelse karakter eienskappe in ons werk, word ons baie effektief en kragtig in sy diens. Blydskap maak ons baie sterk, in die sin dat blydskap die vermoë het om enige beswaarde gees wat aan ons wil kleef uit die weg ruim. Blydskap is ’n wapen in die hand van die gelowige wat enige vorm van negatiwiteit verwoes. Wanneer ons as kinders van die Here blydskap dra, is daar inherent geen plek vir murmurering nie, want blydskap gee my die vermoë om die eindresultaat van oorwinning te sien nog voordat dit ’n werklikheid in die fisiese is. Die apostel Paulus skryf in sy brief aan die Romeine: ”... die koninkryk van God is geregtigheid, vrede, en blydskap, in die Heilige Gees” (Romeine 14:17). Blydskap is onlosmaaklik in die kind van die Here se lewe, want sy koninkryk leef in ons en tussen ons as gelowiges. Mag die stroompies van sy teenwoordigheid, diepe blydskap en vreugde binne jou losmaak en mag jy sien en beleef hoe sy koninkryk in en deur jou lewe gestalte vind.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Maak My 'n Rivier

Jesus nooi ons uit om by Hom te kom drink en om in Hom te glo sodat riviere lewende water uit ons binneste kan vloei (Joh. 7:37-38) In hierdie 5-dag leesplan gaan ons op 'n reis om die betekenisvolheid van God se rivier te ontdek en ook hoe ons in die stroom van sy Gees kan leef sodat ons Hom op die beste manier kan verteenwoordig.

More

Ons wil graag Worship Awake bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://worshipawake.com/