5 Mini-oordenkings vir kindersVoorbeeld

5 Mini-oordenkings vir kinders

DAG 3 VAN 5

’n Geskenk van God

Daar is regtig baie min dinge in die lewe wat jy heeltemal gratis gaan kry, maar my liefde vir jou en my beloftes is gratis – wanneer jy in My en my Seun, Jesus, glo. Daar is niks wat jy hoef te doen om my liefde en beloftes te verdien nie. Dit is ’n geskenk waarvoor jy dankbaar kan wees.

Wanneer jy leeg voel; asof niks gaan soos jy wou gehad het nie, wil Ek hê jy moet stop en dink aan al die goeie dinge in jou lewe wat Ek vir jou gegee het. Dan kan jy dankbaar wees, want dit is gratis geskenke.

Here, dankie vir u beloftes. Dankie dat U elke dag by my is en vir my hoop gee. Amen

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

5 Mini-oordenkings vir kinders

God weet hoe jy voel! Hy gee regtig om vir jou! Hierdie vyf kort dagstukke is geskryf asof God direk met jóú praat. Jou verhouding met God sal elke dag verdiep wanneer jy sien hoe lief Hy vir jou is en besef dat Hy altyd by jou is.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/