'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 11 VAN 12

Wie Het die Laaste Sê? (Om te Besluit Wanneer en Wat om te Speel)

OP JOU MERKE:

"As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt" (Jakobus 1:5).

GEREED: Here, help my om die regte besluit vir my kind te neem.

Toe die legendariese basketbal ster, Pistol Pete Maravich, in die 1960's grootgeword het, het hy sy pa, 'n kollege basketbal afrigter, gesmeek om hom toe te laat om by 'n jeug basketbal liga aan te sluit. Pistol Pete se pa het nie sy seun toegelaat om georganiseerde basketbal te speel totdat Pete jare lank by sy pa gesmeek het om hom te laat speel nie. Die res is geskiedenis vir een van die merkwaardigste basketbal loopbane wat nog ooit gespeel is. Ek bepleit nie dat julle julle kinders moet laat smeek nie, maar ek het tot 'n mate hierdie plan gevolg toe my twee seuns georganiseerde rugby wou begin speel. Dit het geblyk dat dit vir ons gesin goed was om hulle deelname uit te stel, en die seuns het hulle rugby ervarings soveel meer geniet nadat hulle 'n paar jaar gewag het om te begin.

Dit is 'n belangrike oomblik in jou ouerskap wanneer jy jou kind help om te besluit wanneer en wat om te speel. Onthou, elke kind het sy eie interne "tydklok" met betrekking tot sy gereedheid vir sport. Nie almal is geskape om georganiseerde sport te beoefen nie.

Sport help om eienskappe soos mededingendheid, volharding en moed te ontwikkel — almal deugde wat die meeste ouers in hul kinders wil sien. Sport is een van die beste plekke waar jou kind groot lewenslesse kan leer.

Wie besluit wanneer dit die regte tyd is? Dit is ideaal dat albei ouers en die kind saamstem. Die eerste stap in 'n gesonde jeug sportervaring is samehorigheid in die gesin. Daar is soveel goeie intree sport opsies vir jou kind. Hoe meer fisieke kontak die sport vereis, hoe meer volwasse moet die kind natuurlik wees voordat hy met sportsoorte soos rugby, stoei en hokkie begin, om net 'n paar te noem. Sommige ouers sal hulle atletiese kinders moet help besluit wanneer hulle hul spel na 'n hoër vlak moet neem deur na 'n meer mededingende omgewing te beweeg. Party floreer met meer mededinging, terwyl ander dalk nooit sal herstel nadat hulle in meer mededingende sportsoorte gedwing is voordat hulle gereed was nie.

In alles wat ons doen, doen dit met gebed en smeking. As jy hierdie besluit aan God toevertrou, is ek vol vertroue dat Hy jou sal lei. Bid voordat jy die Bybelverse oordink.

OEFENING: Bybelbespreking

Spreuke 3:5-6

Spreuke 15:22

Jesaja 30:21

1 Petrus 5:7

GAAN:

1. Hoe help hierdie Bybelverse jou om besluite te neem oor ouerskap? Gee die spesifieke vers(e).

2. Hoe vertroos 1 Petrus 5:7 jou wanneer jy belangrike besluite oor jou kinders neem?

3. Wat is die belangrikste les wat jy uit hierdie teksverse leer?

OORTYD: Oefensessies

1. Praat met jou huweliksmaat of 'n betroubare vriend oor enige ongesonde vrese wat spruit uit jou eie sportervarings as kind en wat nou jou besluite mag beïnvloed. Wees versigtig dat jou kinders nie jou ongesonde vrese oor sport erf nie.

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hierdie 12-dag leesplan vir jou. Deur middel van getuienisse van atlete, afrigters en ouers, sowel as die waarheid aangehaal uit relevante tekste, sal jy sien hoe jy, as 'n ouer van 'n jong atleet, die Woord van God kan toepas.

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com