Kapasiteit: StudenteleierskapVoorbeeld
Markus 10:42-44
Leierskap gaan nie daaroor om baasspelerig te wees en mense te vertel wat om te doen nie. Leierskap is om in te tree in 'n plek waaroor jy passievol is en om jou visie met ander te deel. Ware leiers gee om vir die mense vir wie hulle lei en is besorg oor hulle welstand. Puik leiers sal geen moeite ontsien ter wille van hul mense nie.
Titus 1:5-9
Om die roeping wat God in jou lewe geplaas het uit te leef, gaan nie net daaroor om dinge te doen nie. Dit gaan ook daaroor om op 'n sekere manier te leef. As jy 'n leier gaan wees, gaan mense die manier waarop jy jou lewe leef, dophou. Moenie net 'n voorbeeld wees deur die dinge wat jy doen nie; wees ook 'n voorbeeld deur die manier waarop jy lewe. Dit sal 'n groter impak hê as wat jy kan dink. Hierdie Skrifgedeelte wys uit waaruit 'n leier saamgestel is. Fokus op daardie lys. Hoe goed beskryf dit jou? Aan watter dinge op daardie lys het jy nodig om te werk? Wanneer jy dit onder die knie het, sal jy ʼn goeie reputasie by ander hê.

Aangaande hierdie leesplan
God het jou geroep tot groot dinge — nie net wanneer jy ouer word nie, maar nou dadelik. Hierdie plan sal jou aanmoedig en wys hoe dit lyk om vorentoe te gaan en leiding te neem daar waar jy op die oomblik in jou lewe is. God kan en sal jou op ongelooflike maniere gebruik. Die vraag is: Sal jy Hom toelaat?
More
We would like to thank Switch, a ministry LifeChurch.tv, for providing this plan. For more information, please visit: www.lifechurch.tv