Wees Sterk en StandvastigVoorbeeld
Geestelik sterk
Soms moet jy aanhou werk selfs al is jy uitgeput. Wanneer jy moeg is, maar tog ’n taak moet voltooi, kan jy tot God bid vir krag om aan te hou werk tot jy kan rus of tot die taak afgehandel is.
Daar is geestelike krag wat net God kan gee, en jy kan dit ontvang bloot deur te vra. Die einde van jou krag is die begin van Syne.
Het jy vandag God se krag nodig om jou te help met dit waarmee jy besig is?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer dit voel of die uitdagings van die lewe vir jou te veel raak, draai na die Woord van God toe en skep weer nuwe moed. Hierdie 10 oordenkings uit WEES STERK EN STANDVASTIG sal jou help om nuwe moed en krag te kry vir elke dag se uitdagings by die heel grootste Bron van krag.
More
https://www.cumbooks.co.za