Wees Sterk en StandvastigVoorbeeld

Wees Sterk en Standvastig

DAG 2 VAN 10

Sy grenslose krag

God se werk word nie deur ons mislukkings beperk nie. Inteendeel, God se werk word dikwels deur jou swakheid en mislukkings volbring. Sy krag word ten toon gestel deur mense met aardse beperkings. Daarom sal Hy jou nie verwerp wanneer jy faal nie. Juis dan bemoedig Hy jou om jou swakhede en tekortkominge na Hom toe te bring sodat Hy jou kan versterk om alles te wees wat Hy jou bedoel het om te wees.

Vra Hom elke oggend om vir jou krag te gee vir jou dag. Jy sal sterkte ervaar wat jy nie gedink het moontlik is nie!

Met watter beperkings worstel jy vandag? Hoe kan God moontlik daardeur werk?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wees Sterk en Standvastig

Wanneer dit voel of die uitdagings van die lewe vir jou te veel raak, draai na die Woord van God toe en skep weer nuwe moed. Hierdie 10 oordenkings uit WEES STERK EN STANDVASTIG sal jou help om nuwe moed en krag te kry vir elke dag se uitdagings by die heel grootste Bron van krag.

More

https://www.cumbooks.co.za