Ons RitmeVoorbeeld

The Rhythm of Us

DAG 7 VAN 7

Genade vir die Reis

Florerende paartjies is nie 'n uitgesoekte groep seldsame, buitengewone mense nie. Gewone mense beweeg na 'n florerende huwelik deur te kies om buitengewone ritmes te beoefen. Hierdie praktyke is vir ons almal beskikbaar. Soos 2 Petrus 1:3 vir ons sê: “Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.”

Ons kan jou dit belowe: Hulle werk wanneer jy die ritmes van jou huwelik vestig in die waarheid van die Woord van God en sy begeertes vir 'n florerende huwelik. Deur sy weë te beoefen sal dit ons altyd lei na 'n goeie plek, 'n plek waar ons begeer om te wees.

Bid

Begin elke dag met gebed. Staan in groot ontsag vir die Een wat jou gemaak het, jou liefhet en altyd gereed is om te help terwyl jy die florerende lewe en huwelik wat Hy vir jou gegee het, najaag. Bid vir sy krag wanneer jy 'n struikelblok langs die pad tref. In oomblikke wat jy versoek word om in ou patrone te verval, bid vir sy genade om jou te herinner aan die nuwe, gesonde ritmes wat jy geleer het. Wanneer jy gefrustreerd is en lus is om ergerlik jou mening te lug, haal diep asem en bid vir die genade om eerder woorde van vriendelikheid te spreek. Vra God om jou oë oop te maak vir nuwe maniere waarop jy jou huweliksmaat kan dien. Koester elke oomblik wat Hy vir julle saam gee. Skep by Hom moed terwyl jy ja sê vir daardie nuwe avonture waarna Hy jou uitnooi. En bedank Hom uit die diepte van jou hart vir die ongelooflike geskenk van dit alles!

Vind gemeenskap

Soek ander florerende paartjies in jou lewe. Dit is absoluut noodsaaklik. Vra God om jou met hulle te omring. Ons kan eenvoudig nie 'n florerende lewe alleen bou nie. God het ons wyslik ontwerp om ander nodig te hê; een van sy gunsteling maniere om ons te versterk, is deur mekaar te ondersteun. Soek ander paartjies om jou wat ook 'n florerende huwelik nastreef. Leer by hulle, en steun op hulle.

Staan Weer Op

Daar is nie iets soos 'n perfekte persoon of paartjie nie! Niemand kry dit 100 persent van die tyd reg nie. Wees voorbereid wanneer terugslae kom. As jy 'n moeilike dag het, staan net weer op. Vra om vergifnis. Dit is verbasend hoe 'n eenvoudige, opregte verskoning die lei kan skoonvee. Onthou, ons is altyd een stap weg daarvan om om te draai in die regte rigting. Groei is 'n ontdekkingsreis. Vra enige florerende paartjie wat langer as jy getroud is, en hulle sal jou vertel dat hulle ook een tree op ’n slag daar aangekom het. Dikwels lyk dit of jy een tree vorentoe en twee tree agteruit neem. Wees bemoedig. Jy is in goeie geselskap. Vertrou die God wat jou lei. Vertrou op die krag van konsekwentheid. Vertrou dat jy na 'n goeie plek op pad is!

Julle kan kies om julle lewe saam op 'n duisend verskillende maniere te leef. Mag jy julle lewens doelbewus sentreer om die ritmes wat jou na God en na mekaar toe lei. Hier is op die wonderwerk van die huwelik. Hier is op genade en krag vir jou pragtige reis.

Hier is op ons ritme.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Rhythm of Us

Ken jy daardie paartjies wat lyk of hulle werklik floreer? Die gelukkiges nog steeds vreeslik verlief ná dekades? Soos dit blyk, is daardie soort huwelik nie net vir 'n paar uitgesoektes bedoel nie. Die gesondste huwelike deel 'n vernuwingsgeheim: doelbewuste ritmes. Chris en Jenni Graebe nooi jou om te ontdek wat daardie kernritmes is en die resultate wat dit op jou verhoudings kan hê terwyl jy dit beoefen.

More

Baie dankie aan NavPress wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.navpress.com/p/the-rhythm-of-us/9781641582889?utm_source=rhythm+of+us+youversion+reading+plan&utm_medium=youversion+reading+plan+rhythm+of+us&utm_campaign=rhythm+of+us+2022