Ek Bid Vir My HuwelikVoorbeeld

Ek Bid Vir My Huwelik

DAG 4 VAN 5

Bid dat julle eensgesindheid sal nastreef

Here, help my om altyd ’n sagte hart te hê wat bereid is om dinge met my man (vrou) deur te praat, veral in areas waar ons van mekaar verskil. Ek weier om oor enige mate van verdeeldheid wat ek tussen my en my man (vrou) aanvoel, angstig te word. In plaas daarvan dank ek U vir wie U is en vir alles wat U vir ons gedoen het en ek maak my versoeke aan U bekend.

Dankie dat u vrede, wat alle verstand te bowe gaan, oor my hart en verstand die wag hou, omdat ek aan Christus Jesus verbonde is (Filippense 4:6-7). Ek sal nie toelaat dat my hart ontsteld raak nie; ek sal eerder op U vertrou (Johannes 14:1).

Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ek Bid Vir My Huwelik

Of jy jou huwelik wil beskerm teen dié dinge wat dit kan beskadig of vernietig en of jy jou verhouding wil heelmaak en herstel waar dit beskadig of seergemaak is, hierdie gebede is vir jou. As jy nie moed opgee nie, kan jou gelowige gebede jou huwelik versterk sodat dit ’n leeftyd sal hou. Hierdie 5 gebede deur Stormie Omartian kom uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/