Leef God se Goedheid UitVoorbeeld
GOD IS GOED
PRAAT MET GOD
Dank die Here dat Hy die gawe van vriendskap aanbied en ons liefhet en vra Hom om jou te help om Hom beter te ken en lief te hê.
KOM ONS BEGIN
Maak 'n gunsteling drankie (melkskommel, smoothie, ens.) vir elke lid van die gesin. Gee vir elkeen 'n strooitjie om dit mee te drink. Daag hulle uit om die drankie te drink sonder dat die strooitjie daaraan raak.
KOM ONS DELF DIEPER
Toe julle probeer het om te drink sonder dat die strooitjie aan die vloeistof raak, het julle uitgevind dit werk nie. Dit is net wanneer die vloeistof die strooitjie omring, dat die lekkerte in die glas deur die strooitjie kan vloei. Jesus het gesê net God is goed (Lukas.18:19), so jy kan nie goed wees sonder Hom nie. Om werklik God se goedheid in te drink moet jy met Hom omring wees. Dit is soos om sy goedheid in te drink. Jy kan dit doen deur Jesus as jou Heer en Verlosser te aanvaar en 'n verhouding met Hom na te jaag. God werk in jou hart om jou te help om sy wil te erken en te doen (Filippense 2:13). Hoe meer jy bid en uit die Woord van God leer, hoe meer sal jy in jou verhouding met Hom groei, en sy goedheid in jou gevorm word.
GESELS MET MEKAAR
* Op watter manier "drink" julle God se goedheid in?
* Wat weerhou julle daarvan om dit te doen?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Soet wees!" is iets wat kinders oor en oor hoor — van hulle ouers, onderwysers en selfs baasspelerige ouer boeties en sussies. Wat behels dit nou eintlik om "soet te wees"? In hierdie 4-dag leesplan sal jy en jou kinders saam die verskil ontdek tussen bloot goeie gedrag en ware goedheid. Elke dag sluit 'n gebed, 'n kort besielende Skrifgedeelte met verduideliking, 'n aktiwiteit en besprekingsvrae in.
More
From Focus on the Family's www.focusonthefamily.com/youversion. © [2011] [Jeanne Gowen Dennis]. Used by permission. For more information, please visit: www.focusonthefamily.com/youversion.