God Is Hier!Voorbeeld
Helder FM-ontvangs
Jy kan nie God se kragtige golwe opvang indien jou lugdraad nie op Hom ingestel is nie. Wanneer jy dus nie ontvanklik vir sy boodskap van liefde en hoop is nie, sal dit onbenut by jou verbygaan. Gevolglik sal jy die voorreg verbeur om dit ’n deel van jou lewe te maak.
Tot 1888 was die wonder van radiogolwe nog aan die mens onbekend. Toe het die Duitse fisikus Heinrich Hertz die bestaan daarvan deur sy doelgemaakte antenne bewys en terselfdertyd die elektromagnetiese teorie van ’n ewe innoverende James Clerk Maxwell bevestig.
Die antenne – ’n noodsaaklike deel van die proses – onderskep die radiogolwe en sorg daarna vir ’n elektriese stroom by sy terminale, wat aan ’n ontvanger oorgedra en uitgesaai word. Dié indrukwekkende maar onsigbare proses vind binne ’n millisekonde plaas.
Hoe leeg sou elke dag gewees het indien die warmte van mense se stemme en strelende musiek oor die radio ons nie beskore was nie. Hoe leeg kan ’n mens se lewe wees wanneer jy nie die Here se helder FM-golwe ontvang nie. Wanneer jy dalk nie eens daarvan bewus is nie en dit gevolglik klankloos by jou verbygaan. Of wanneer jy eerder die blikkerige klank van die materiële en ander mensgemaakte golwe opvang. Laasgenoemde is hoegenaamd nie vergelykbaar met die Here se suiwer uitsending nie. Wees daarop ingeskakel.
Aangaande hierdie leesplan
In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree van die pad saam met ons is. Hy sal ons help om deur ons daaglikse uitdagings te navigeer. Hierdie 7 oordenkings kom uit Johann van Zyl se dagboek GOD IS HIER!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/