Soek in SeweVoorbeeld
"Loof die Here. Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel" (1 Kronieke 16:8-12).
Wanneer dinge jou positief oorweldig, voel jy genoodsaak om dit te deel. Wanneer jy dus God ervaar — en dit is so absoluut wonderlik — dan wíl jy dit eenvoudig vir enigiemand vertel wat sal luister. Namate Jesus se lewe op aarde tot 'n einde gekom het, was een van die dinge wat Hy aan die dissipels oorgedra het; om vir ander te vertel — om die evangelie van Christus te verkondig sodat ander tot geloof kan kom. Hy het voortdurend daaroor gepraat en hulle beveel om dit oor die hele wêreld te verkondig. As gevolg hiervan is die sendingopdrag dat ons moet uitgaan en dissipels maak — om ander van ons ervaring met God te vertel sodat hulle sal begeer om Hom self te ervaar.
Aangesien jy hierdie week die eerste stappe geneem het om 'n God-eerste leefstyl te leef, is die laaste ding waarmee ek jou wil laat, die seën wat voortspruit deur God te deel. Die Here wil hê dat jy oorweldig moet word deur die lewensverandering om Hom eerste te stel; tot so ʼn mate dat jy enigiemand wat jy ken, net móét vertel. Hy wil hê dat jy die ervaring moet deel, maar hy wil ook hê dat jy moet beskryf wat jy gedoen het. Wat help dit om 'n ete-afspraak te beskryf en nooit die restaurant se naam te noem nie?
Vind vandag iemand om jou ervaring mee te deel. Vertel hulle wat jy gesien het en wat jy gedoen het om daarby uit te kom. Deel ook met hulle watter opofferings jy moes maak om tyd opsy te sit en hoe jy God eerste gesoek het in 'n poging om 'n God-eerste leefstyl te ontwikkel. Jy sal vind dat as jy oor God en jou ervaring van Hom spog, en dan verkondig hoe jy tot daardie ervaring gekom het, jy die onbetwisbare teenwoordigheid van God op 'n nuwe manier beleef.
Deur God se evangelie te verkondig, kan ons hom op 'n heel ander manier ervaar. Jy sal voel hoe jou doel uitgelig word, en die einste rede waarom jy op hierdie aarde geplaas is, duidelik wees. Jy sal uitbeeld wat dit beteken om 'n God-eerste leefstyl te leef.
Baie geluk, en stel God eerste!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan wys wat dit vra om 'n God-eerste leefstyl te leef, en sodoende toegang tot God se beloftes te verkry. Deur Hom eerste te soek, kan jy 'n doelgerigte lewe lei — gevul met voorsiening, verlossing en roeping. Gedurende die volgende sewe dae sal ons God in 'n omgewing soek waarin jou aandag nie afgelei word nie, en waar jy nader aan Hom gaan kom as wat jy ooit gedink het moontlik is.
More