Die Voordele Van Bybelse GemeenskapVoorbeeld
Bybelse Gemeenskap: Een liggaam, baie lede
Dit is so dat ons mense baie waarde heg aan ons onafhanklikheid. Ons wil nie in ‘n ander se oë hoef te kyk nie. Ons het ingekoop op die mite wat sê, as jy onafhanklik is, in alle opsigte, sal jy waarlik gelukkig wees. As dit waar is, hoekom is daar so baie mense wat dan so ongelukkig is?
Die Here sê ons het die kop aan die stert beet; die sleutel tot geluk is nie onafhanklikheid nie, maar afhanklikheid van mekaar. Ons het mekaar nodig. Ons het gemeenskap in ons lewens nodig. Die Here het ons so bedraad dat ons nie alleen deur die lewe moet gaan nie, maar in gemeenskap met ander.
Romeine 12 sê: “Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.” Ons het mekaar nodig. Die Here sê gemeenskap is nie opsioneel nie. Jy voel dalk nie so nie. Jy voel dalk dat jy nie ander mense in my lewe nodig het nie. Maar die waarheid is dat jy beslis ander mense in jou lewe nodig het, indien jy alles wil wees wat God wil hê jy moet wees.
Die feit van die saak is dat jy nie God se doel met jou lewe op jou eie kan vervul nie, daar is nie ‘n manier nie. Ons het mekaar nodig en ons behoort aan mekaar as die liggaam van Christus.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
COVID-19 het gemaak dat ons elkeen in sy eie “isolasie-stasie” ingetrek het en ons sukkel om daaruit te kom. Ons het gewoond geraak aan aanlynkerk en amper verleer om op ‘n Sondag kerk toe te gaan om ons offer van lof en aanbidding te gaan bring. Bybelse gemeenskap is egter hoe God se hart klop en wat Hy graag vir ons wil hê.
More
Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/