Dinge wat saak maakVoorbeeld

Things That Matter

DAG 2 VAN 5

DIE VYAND VAN DOELGERIGTHEID

As dit so belangrik is om goed na te streef wat saak maak, hoekom is daar dan nie meer van ons wat ons doelwitte najaag wat vir ons na aan die hart lê nie? In een woord, as gevolg van dinge wat ons aandag aflei. "Dinge" staan in ons pad.

Vir Marta, die vriendin van Jesus, het haar eie verwagtinge oor die eise van gasvryheid 'n hoër plek ingeneem as om aan die voete van haar Redder te sit. "Maar die Here antwoord haar: 'Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig.'" (Lukas 10:41-42). Daarna het Jesus hierdie belangrike stelling gemaak: "Maria het die beste deel gekies".

Wil ons nie maar almal voor Jesus staan en hom hoor sê: "Jy het die beste deel gekies" nie?

Ons moet onthou dat afleidings die vyand van doelgerigtheid en 'n lewe tot eer van God is.

Natuurlik is nie alle afleidings altyd verkeerd nie. Baie keer is daar niks mee fout om dinge te doen om ons aandag af te lei nie — om televisie te kyk, 'n boek te lees, in die tuin te werk of om enige iets te doen wat ons vermaak of laat ontspan. Die probleem ontstaan wanneer die afleidings ons lewe oorneem en die belangrike doelwitte uit ons lewens skuif.

Ons afleidings kan verander van iets wat ons net af en toe geniet, na iets wat 'n gewoonte word en deel van ons leefstyl uitmaak. Dit is byvoorbeeld wat gebeur as ons al ons vrye tyd aan aanlyn speletjies wy. Of ons oefen so baie dat dit nie meer vir ons energie gee nie, maar al ons energie verbruik. Of ure deurbring om goed in die winkels te koop, omdat jy nie wil huis toe gaan nie. Of jou ambisie by die werk maak van jou 'n werkverslaafde. Vir Marta het haar kommer oor haar huishouding (of miskien wou sy net haar gaste beïndruk) hand-uit geruk.

As hierdie soort gedrag aanhou, dan loop ons die risiko om aan die einde van ons lewens te wonder, hoekom het ek my lewe verkwis op dinge wat nie saak maak nie? Ek wens ek het meer tyd gehad.

Daar is al gesê: “Die twee belangrikste dae in jou lewe, is die dag wat jy gebore is en die dag wat jy besef hoekom jy gebore is.” Ek wil graag 'n derde een byvoeg: die dag wanneer jy van die afleidings ontslae raak wat jou van jou doelwitte weerhou. Kom ek vra jou dan, is jy gereed om jou afleidings te hanteer deur van die minder belangrike dinge in jou lewe ontslae te raak? Wat hou jou terug?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Things That Matter

Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie jou lewe verkwis nie. Doen dinge wat saak maak!

More

Ons wil graag vir WaterBrook Multnomah bedank vir die leesplan wat verskaf is. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/676394/things-that-matter-by-joshua-becker/