Innige MeegevoelVoorbeeld

Innige Meegevoel

DAG 4 VAN 8

Jesus besoek die bergagtige gedeeltes van die ou Israel. Dis die gebiede waar die vryheidsvegters vir die Romeinse soldate wegkruip. Daar was ʼn groepering, ʼn politieke party onder die Jode wat bekend gestaan het as die Selote, wat geglo het hulle moes deur militêre mag die saak beveg. Hulle het in daardie plek weggekruip. As Johannes oor hierdie ding wat gebeur het praat, sê Johannes vir ons in Johannes 6:15 dat hulle net daar vir Jesus met geweld die leier wou maak, maar Jesus sê: “Nee!” Jesus het innig jammer gevoel, want - en hy haal Numeri 27:17 aan: “Hulle is soos skape sonder ʼn herder.”

Kan jy sien wat hier gebeur? Tel jy die politieke, die sosiale, die ekonomiese, fisieke samekoms op wat hier gebeur? Toe is Jesus diep geroer. Hy het innige meegevoel. Nou, dis een van Markus se belangrike feite wat hy wil tuisbring. Hy wil vir ons sê wie Jesus is. Daar is hierdie geweldige nood, baie dinge is besig om in die land te gebeur, en Hy is diep geroer. Jesus was ʼn Mens van liefde. Alles wat Hy gedoen het, was uit liefde. Dis wat Markus wil sê: weet julle wie Hy is?

Kyk wat doen Hy dan. Hy gee vir hulle brood: eers brood vir die siel. Hy begin om hulle te onderrig. Onthou, Jesus het gesê mens kan nie net van brood alleen leef nie (Mat. 4:4). Jesus sê dus, so nodig as wat jy brood het om fisiek aan die lewe te bly, so nodig het jou siel woorde van God nodig om te leef.

Dan onderrig Hy nie net nie, Hy doen ook iets. Hy gee vir hulle kos. Dus, dit is Jesus se bediening. Dis woord en dis daad. Dis die uiterlike en die innerlike.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Innige Meegevoel

Medelye verander ʼn mens se lewe. Medelye en meegevoel en invoel en saamvoel is nie ʼn vlietende emosie nie. Dit is ʼn klomp opeenvolgende emosies en nou en dan, dan voel jy so 'n bietjie jammer vir ander mense. Nie as jy Jesus navolg nie. “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee."

More

Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/