Ontdek jou Werklike Waarde Met Lindsay RobertsVoorbeeld

Discover Your True Worth With Lindsay Roberts

DAG 3 VAN 5

Jesus het die vyeboom vervloek en toe gesê: "Julle moet geloof in God hê" (Markus 11:21-22). Hy het daarmee aan ons die krag van ons woorde gewys en bewys dat ons woorde aan ons geloof gekoppel kan word. Wanneer ons ons eie woorde gebruik om die woord van God te verkondig en ons geloof daaraan koppel, gaan die geestelike wet van geloof in werking en sien ons die verstommende wonderwerke van God. Hy het beloof: "So sal die woorde wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het" (Jesaja 55:11).

Een van vele geestelike wette in die Bybel is die wet van geloof en wanneer ons daarvolgens leef en God se woorde gebruik, dan ontvang ons God se reaksie. Wanneer ons in harmonie met die Woord van God en die wil van God is, dan sê Hy: "Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het" (Jeremia 1:12).

Toe Jesus die dissipels beveel het om geloof in God te hê, het Hy aan hulle 'n heilige beginsel geleer. Hy het iets aards gebruik om iets van die Gees aan hulle te verduidelik. Wanneer ons iets sê in die geestelike ryk, maak dit nie saak wat ons sien, dink of voel of wat ons eie mening is nie. As God daarin is, sê Hy self dat dit bedoel is om waar te word. Ons bid, ons glo, en op sy volmaakte manier, tree God op. Dit is die geestelike wet.

God verwag van ons om sy wette en die manier waarop Hy werk, te eerbiedig. Hy sê iets oor die aarde en dit gebeur, soos ons in Genesis 1 met die skepping lees. As ons God se resultate wil sien, moet ons op God se manier werk. As ons optree soos wat God ons beveel om op te tree en doen wat Hy ons beveel om te doen, plaas ons onsself in 'n posisie om die resultate te sien wat God beloof.

Gebed

Here, ek wil graag in harmonie met u Woord en u wil wees. Help my asseblief om dinge op u manier te benader, en help my om aan U gehoorsaam te wees. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Discover Your True Worth With Lindsay Roberts

Hierdie leesplan is vir elke vrou wat al ooit gevrees, geval, gewaag, misluk, gebid, gehoop, liefgehad of verloor het. Dit is vir elkeen wat al vasgeklou of weggeloop het, wat mismoedig was of gevoel het dat sy in tyd vasgevang is. Dit is 'n boodskap vol hoop vir vroue wat daarna verlang om hul werklike waarde deur die oë van hul hemelse Vader te sien, sodat hulle alles kan wees wat Hy hulle geroep het om te wees.

More

Ons wil graag ons dank betuig aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://amzn.to/3GdJp41