Bekommernis oor NiksVoorbeeld

Worry for Nothing

DAG 1 VAN 3

Hoekom jou bekommer?

Ons almal ervaar bekommernis op een of ander stadium in ons lewens, nie waar nie? 'n Onverwagte rekening waarvoor ons nie begroot het nie, kom onderdeur die deur en ons bekommer ons oor hoe dit betaal gaan word.

'n Geliefde daag 'n halfuur later op as wat jy die persoon verwag het en jy bring die hele wagtyd in bekommernis deur en wonder of iets gebeur het.

Jou kind gaan vir die eerste keer kleuterskool toe en jy bring die hele dag deur om jou daaroor te verknies of jou kind goed aanpas en sy voete vind.

Ons almal beleef oomblikke wanneer ons oorweldig voel en nie meer alles kan balanseer wat in ons lewens buite beheer tol nie. Ons wend ons na bekommernis terwyl ons probeer vasstel hoe om 'n sekere probleem of saak op te los, dikwels sonder om eers ons toevlug na die Bron te neem.

Dit is nie verkeerd om om te gee nie — ons het almal dinge waarvoor ons omgee — en dit is goed. Wanneer omgee egter oorgaan in bekommernis, steel dit ons vreugde en vernietig ons lewensenergie.

Raak stil en lees vandag se verse wat voorkom in Matteus 6:25-34.

Matteus begin deur die lewensmiddele op te noem wat ons nodig het — kos, drank en klere.

Ons weet dit. Matteus weet dit. God weet dit!

Ons kan verseker wees dat God bewus is van wat ons nodig het om van te lewe en dat Hy planne het om dit te voorsien.

Matteus illustreer dit dan deur daarop te wys dat selfs die wilde voëls in die lug daagliks op die Vader se voorsiening vertrou. Hulle vlieg nie in bekommernis rond terwyl hulle wonder waar hul volgende maaltyd vandaan sal kom, of waar hulle hul neste gaan bou nie — dit word ryklik deur God in die natuur aan hulle voorsien.

Kan ons enigiets met ons kommer bereik? Of dreineer dit net ons lewensvreugde?

Matteus voeg by dat die veldlelies beter geklee is as wat ons ooit sou kon begeer, selfs al word hulle aan die einde van die dag weggegooi. Hoe oneindig meer waardevol is ons vir God in vergeleke met hulle! Onthou dit wanneer jy weer bekommerd is. Hy het jou lief en gee om oor dit wat jy moet hê. Hy gee selfs om oor wat jy wil hê! God ken beide ons behoeftes en die begeertes van ons harte.

Vriende, hoe kan ons in 'n verloregaande, soekende wêreld anders wees as diegene wat nog nie vir God ken nie, as ons ons lewens deurbring om oor dieselfde dinge as hulle bekommerd te wees? Ons moet bekommernis weerstaan en eerder om vrede veg.

Kyk na wat God doen in plaas van wat jý doen en Hy sal na die res omsien. Lewe volgens sy weë en Hy sal aan jou alles voorsien wat jy nodig het.

Moenie oor die toekoms bekommerd wees nie, vertrou dat God weet wat Hy vir jou beplan (sien Jeremia 29:11) en dit is genoeg.

Volgende Stappe

Memoriseer Jeremia 29:11.

Wanneer jy in die versoeking kom om bekommerd te wees, sê dan hierdie vers vir jouself op — sê dit hardop of in jou hart.

Herinner jouself dat God weet wat Hy vir jou lewe beplan! Wees rustig in hierdie wete.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Worry for Nothing

Bekommernis is 'n dief wat ons tyd, energie en vrede steel. Waarom bekommer ons ons dan? In hierdie 3-dag leesplan, gaan ons na bekommernis kyk, waarom ons ons bekommer en hoe ons daarmee kan ophou.

More

Ons wil graag CBN Europe bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cbneurope.com/yv