Die Here Is My HerderVoorbeeld

Hanna se lofsang
Hanna het nie in ’n eenmalige krisissituasie God se hulp afgesmeek nie. Haar kinderloosheid het oor jare gestrek. In haar magteloosheid maak sy ’n gelofte aan God dat sy, indien Hy haar ’n seun sou gee, hom aan sy diens sou toewy. God antwoord haar smeekroep en Samuel word gebore. Hanna vergeet nie gerieflikheidshalwe haar gelofte aan God nie. Nadat sy klein Samuel gespeen het, bring sy hom met hul gesin se jaarlikse besoek aan die tempel na Eli — soos sy belowe het.
Boonop hef sy ’n lofsang tot eer van God aan waarin sy sy heerskappy en heiligheid besing. Hoe swaar dit ook al vir haar as ma moes gewees het om haar kind agter te laat, kon sy sê: "Ek is sterk in die Here." In die jare toe sy onder Peninna se gespot moes deurloop, het sy reeds geleer dat haar krag van God alleen kom.
Wanneer ons in die nood is, maak ons maklik beloftes aan God. Hanna het egter geweet dat God dade toets. Sy kon die toekoms in sy sorg laat, wetende dat sy haar gelofte nagekom het.
Sy kon opreg sê: "Ek jubel in die Here." Want sy het God absoluut vertrou.
God is alsiende en alwetend. Hy ken ons motiewe. Hy ken ook reeds die uitkoms, al is dit nog nie vir ons duidelik nie.
Here, help my om getrou te wees en om my geloftes aan U te betaal. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat nie. Hy is áltyd by ons. Hy is daar in die vreugdes van die lewe, maar ook in die hartseer en donker tye.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
