Jy is ’n Kosbare Dogter Van Die Koning Voorbeeld
Jy het reg gekies
Van die eerste dag wat jy ’n doelbewuste besluit kon neem, het sonde mag oor jou gehad. Jy het dit gekies. Jy het dalk nie ’n “verskriklike” sonde gedoen nie; maar dit was tog sonde. Jy dink dalk jy is ’n onafhanklike persoon wat nie onder enigiemand se mag staan nie, maar jy is verkeerd. Iemand kies óf vir God óf vir die sonde. En om nie te kies nie, is steeds ’n keuse …
Vandat jy Jesus as jou Verlosser aanvaar het, het jy ’n verhouding met God, wat beteken dat jy nou onder sy beheer staan. En daar is geen beter plek om te wees nie! Dit klink dalk teenstrydig, maar om onder God se beheer te wees, gee in werklikheid vir jou vryheid, want Hy het jou lief en wil net die beste vir jou hê. Sy mag druk jou nie af nie, dit hef jou op en gee vir jou die krag en wysheid om jou beste lewe te leef. Jy het reg gekies!
God gee altyd sy heel beste aan dié wat Hom kies. (Jim Elliot)
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God se Woord bevestig deurgaans hoe kosbaar ons is. Jesaja 43:1 herinner ons dat Hy ons by die naam geroep het; ons behoort aan Hom! Carolyn Larsen se 10 oordenkings uit haar dagboek GEÏLLUSTREERDE OORDENKINGS VIR VROUE sal jou help om bemoediging te vind in die wete dat jy ’n kosbare en geliefde dogter van die Koning is. Hy het jou lief; in sy hand is jy veilig!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/