Gawes & GroeiVoorbeeld

Gifting & Growth

DAG 3 VAN 3

DIE GAWE-SAAD

'n Man het in 'n winkel rondgesnuffel waar hy die skokkende ontdekking gemaak het dat God agter 'n verkoopstoonbank is. Die man het soontoe geloop en gevra: "Wat verkoop U?" God het geantwoord: "Wat is jou hartsbegeerte?" Die man het gesê: "Ek wil geluk en gemoedsrus hê en vreesloos wees — vir my en die hele wêreld." God het geglimlag en gesê: "Ek verkoop nie hier vrugte nie. Net sade."

Saad is 'n bron van lewe wat aanhou vermenigvuldig. Ek is redelik seker dat hulle rondgelê en afluister het toe God vir Adam en Eva gesê het om vrugbaar te wees en te vermeerder! Saad wat al duisende jare dormant in die piramides van Egipte gelê het, het ontkiem en graan opgelewer toe dit geplant is. As ons pampoen moet saai om 'n pampoen te pluk, sal die aarde binnekort opraak, dink jy nie so nie? God gaan nie vir jou 'n groot, pryswen-pampoen gee wat die skaal teen meer as 900 kilogram laat kantel en van jou verwag om dit effektief tot sy doeleindes te gebruik nie. Eerstens gaan jy onder sy kolossale gewig vergruis word.

Tweedens kan jy nooit hoop om dit op te lig, te verskuif of weg te gee nie. Derdens gaan sy blote grootte en gewig jou daarvan weerhou om dit ooit te gebruik. God gee dus in sy oneindige wysheid vir jou 'n plat, oneweredige ovaalvormige saad wat nie baie belowend lyk nie, met die versekering dat Hy sal aanhou byvoeg terwyl jy aanhou om jou gawe-saad te saai. In 'n tyd van hongersnood het Isak in geloof uitgegaan, in die land gesaai en honderdvoudig geoes, nie dadelik nie, maar op die regte tyd. Alle gesonde groei neem 'n rukkie, maar geduld en deursettingsvermoë sal dit verwesenlik. Isak was in so 'n mate voorspoedig dat hy gou die afguns van sy bure geword het.

In Romeine 12 kom ons op 'n magdom riglyne af, elk met die potensiaal om as 'n gawe uitgeoefen te word — maatskaplike diens, gasvryheid, empatie met mense in hul vreugdes en hartseer, verbintenis met die nederiges, geduld, ywer, vriendelikheid — beskou dit as gawe-saad in jou en ontwikkel dit om God se genade in jou lewe te weerspieël. Klein treetjies vandag sal in die toekoms reuse-vordering tot gevolg hê. Stap uit in geloof en sê met vertroue: "Ja! Ek is begaafd!"
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Gifting & Growth

Die grootste geboue begin met die lê van 'n enkele baksteen. Baie van ons raak moedeloos as ons nie die gawe wat in ons belê is, kan vind nie. Tensy ons geestelike gawes erken, kan ons dit nie effektief tot die verheerliking van God gebruik nie. Ons moet ons bakstene begin gebruik om strukture te bou wat ons verhouding met die Here Jesus weerspieël.

More

Ons wil graag vir Rani Jonathan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://ourupsdowns.blogspot.in