Bemoedigende WoordeVoorbeeld

Bemoedigende Woorde

DAG 2 VAN 10

Habakuk 3:19

"Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop." 

  • God gee jou die krag wat jy nodig het.  
  • Hy weerhou nie krag nie, maar Hy deel sy krag aan ons uit.  
  • Met sy krag kan ons bereik wat dalk onmoontlik gelyk het.  
  • Sy krag maak dit vir ons moontlik om enige uitdaging wat die lewe op ons pad mag bring te hanteer!

Gebed: Vader, mag u krag nou in my lewe invloei terwyl ek weereens verklaar dat U die sterkte van my lewe is. Versterk my in die kwessies en uitdagings wat ek moet hanteer, sodat ek deur u krag as oorwinnaar uit die stryd kan tree. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Bemoedigende Woorde

Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

More

Ons wil graag Alive to God! bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alivetogod.com/subscribe