Die Krag van Hoop: Sewe Dae om op die Here te HoopVoorbeeld

The Power of Hope: 7 Days to Hoping in the Lord

DAG 4 VAN 7

Die Hoop op Herstel | Job

Die Satan het gesorg dat Job baie ly, en Job se vriende het die situasie vererger. Elifas, Bildad en Sofar het goed gevaar — totdat hulle hul monde oopgemaak het. Hulle stille teenwoordigheid by Job na sy verpletterende verliese was vertroostend en behulpsaam. Toe hulle egter gepraat het, was hulle woorde nie waar nie en daarom nie behulpsaam nie — soos God hulle laat verstaan het. 

Job is eers verneder deur sy verlies en daarna deur vrae wat God hom gevra het wat die eindige Job op God se oneindige grootheid gewys het. Job het berou gehad oor sy trots en God se vergifnis gevra en daarna, soos God beveel het, vir sy vriende gebid. Dan lees ons: "Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die
eerste” (Job 42:12). Belangriker as die materiële herstel was egter Job se herstelde verhouding met God. 

Ons vind hoop in Job se verhaal: God herstel die jare wat ons voel ons verloor het: “jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het” (Joel 2:25 AFR53).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Power of Hope: 7 Days to Hoping in the Lord

Wêreldgebeure en persoonlike stryd kan jou moeg en angstig laat voel, maar niks is nuut vir God nie. Mense in Bybelse tye het dikwels dieselfde gevoel. Hierdie 7-dae leesplan van die topverkoper skrywer Jack Countryman fokus op sewe maniere waarop God vandag dieselfde hoop aan sy kinders gee as wat Hy ontelbare kere aan helde in die Bybel voorsien het.

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thomasnelson.com/p/the-power-of-hope/?utm_source=youversion&utm_medium=reading+plan&utm_campaign=power_of_hope