BibleProject | Advent OordenkingsVoorbeeld

Die profeet Jesaja het uitgesien na die koms van die Vredevors wie se regering na ewige shalom sou lei. Jesaja se woorde is met die koms van Jesus vervul. Dis hoekom dit so betekenisvol is dat die engele Jesus se geboorte as “vrede op aarde” beskryf het.
Lees:
Lukas 2:8-14
Reflekteer:
Hoekom dink jy het God die aankoms van die Koning aan naamlose herders aangekondig? Wat vertel hierdie jou van die karakter van God en sy Koninkryk? Stel jou voor dat jy daardie aand saam met die herders daar was. Hoe sou jy voel? Hoe sou jy reageer? Let op die woorde soos “hoogste” en “aarde” in die engel se aanbiddende aankondiging. Wat het van die hoogtes van die hemel af na die aarde gekom toe Jesus gebore is? Hoe is hierdie goeie nuus? Laat jou gedagtes jou lei om jou gevoelens van ontsag en dankbaarheid in 'n gebed uit te druk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflektiewe vrae in wat deelnemers help om die Bybelse betekenis van hoop, vrede, vreugde en liefde te verken. Kies hierdie plan om te ontdek hoe hierdie vier deugde deur Jesus die wêreld bereik het.
More
Ons wil BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie Plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com
Verwante Leesplanne

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Voltydse Volharding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
