Vreugde is 'n PersoonVoorbeeld

Joy is a Person

DAG 4 VAN 4

Jy Sal In Vreugde Uitgaan!

Net iets om te onthou: vreugde is nie 'n gevoel nie. Vreugde is die teenwoordigheid van Jesus in alles waarmee ons in die lewe te doen het. Soos Paulus se woorde regdeur sy brief aan die Filippense getuig het, kettings kon nie sy vreugde inperk nie!

Paulus se slotwoorde aan sy vriende in Filippi (Filippense 4:21-23), sluit ook groete in aan diegene in die keiser se huishouding waar Paulus onder huisarres was. Hierdie Skrifgedeeltes help ons om te verstaan dat Paulus invloed gehad het onder die mense wat om hom was, selfs terwyl hy geboei was. In Filippense 1:12 vertel hy aan die lesers: “wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het.”

Kommentaar op die Skrifgedeelte vertel ons: “Indien dit vir Paulus moontlik was om die nuus van Jesus vrylik in Rome te kon versprei, kon hy baie van die normale, alledaagse mense van die stad sekerlik bereik het. In die gevangenis was sy gehoor egter die mees gespesialiseerde en geharde groep soldate in die hele Romeinse Ryk. Paulus bring 17 520 ure deur saam met diegene wat in die keiser se huishouding werk en aan die keiser self rapporteer. Oor sy gevangenskap van twee jaar, het hy tot twee dosyn wagte gehad — offisiere met hoë range wat sy boodskap kon versprei na ontelbare ander mense in hoë posisies.” (MacArthur, New Testament Commentary: Philippians, 60)

Paulus se invloed het groot waarde vir die koninkryk gehad, en so het joune ook.

Wat as ons, ons lewens as geleenthede sien, nie om die Woord van God in die kele van hulle wat die naaste aan ons is af te druk nie, maar om die lig van sy goedheid en liefde te laat straal deur hoe ons elke dag lewe? Ons kan glimlag en Hom uitbeeld. Ons kan woorde van hoop, bemoediging en lewe met almal om ons deel. Sy vreugde begin eers in ons harte, en dan in ons huise. Ons invloedsfeer sluit diegene in saam met wie ons werk, oefen, kerk toe gaan, in die tou by die winkel staan. Ons uitdrukking van Jesus se vreugde wat binne ons is, word 'n rimpeling van vreugde wat elkeen wat ons daagliks ontmoet, sal aanraak.

Jesaja 55 praat van die verbond van genade wat God met sy mense gesluit het — 'n beskrywing van sy koninkryk. 

Vers 12 vertel ons: “Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word.”

Dit is 'n waarheid en belofte vir ons. Die Hebreeuse woord, yatsa, “wegtrek” is 'n werkwoord wat beteken om uit te lei — om met 'n doel vorentoe te beweeg. Wanneer ons doelgerig die vreugde van Jesus binne ons dra, soos Jakobus dit in Jakobus 1:2 beskryf, kan ons elke dag uitbundig lewe, in die wete dat ons hierdie donker wêreld aanraak met 'n blik op God se heerlikheid. 

Dit maak nie saak watter ervaring ons in die lewe het nie, ons pyn is nie tevergeefs nie, ons moeilikhede verminder nie. Inteendeel, ons stryd word geleenthede vir sy lig om helderder binne-in ons te skyn. Ons word mense wat vreugde bring! Deur sy vreugde te weerspieël, kan ons iemand anders se dag ophelder, die gees van swaarmoedigheid oorwin en ander na 'n dieper openbaring van God se goedheid lei.

Wanneer Jesus die passie van ons harte is, sal ons oneindige vreugde hê. Blywende vreugde. Ewige vreugde. 'n Ewigheid met Jesus begin vandag, want vandag is vreugde 'n Persoon.

Vader dankie, dat U my groot vreugde is! Help my om in my wandel deur u vreugde gelei te word, en om te glo dat U my doelbewus hier by hierdie mense vir u doeleindes en heerlikheid geplaas het. Gee my hoop dat die kleinste dingetjie wat ek saam met U doen, 'n ewige impak vir u koninkryk sal hê.

Bestudeer verder in Filippense hier.  Maak met Robin kontak by Instagram of joyisaperson@gmail.com


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Joy is a Person

Die lewe is moeilik! Ons sukkel in ons verhoudinge en ons verstandelike en emosionele reserwes is op. Ons het iets groter nodig wat ons kan aanraak, koop of op ons eie kan uitdink. Iets wat ons kan help om die moeilikste tydperke in ons lewens te oorleef. Sluit by Robin Meadows se 4-dag leesplan aan, geneem uit die vollengte Bybelstudie "Joy is a Person: A Deep Dive into Philippians".

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://rb.gy/ppczmz