Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Die Waarheid oor die Openbaring van God se Liefde aan die Mense om JouVoorbeeld

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

DAG 5 VAN 5

Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Vlieg Altyd Geïsoleerd

Toe ek met my bediening begin het, het ek meer as vier jaar bestee om oral oor die land na verskeie kerke en geleenthede te reis. Gedurende hierdie tydperk was 'n gas in verskillende mense se huise, maar ek wou nooit langer bly as wat ek welkom was nie. Ek het Sean en Shelley reeds vroeg ontmoet. Ek is genooi om by hulle 5-weeklange kerkreeks op te tree en het by hulle in 'n gastekamer gebly. Hulle het my deel van hul gesin laat voel. Hoe meer gasvry hulle teenoor my was, hoe meer het ek gedink dat hulle eienaardig is. Ek het nie hulle hulp of bejammering nodig gehad nie, want ek het geweet hoe om op my eie reg te kom. Ek was tog net daar om te werk. Ek het dus probeer om hulle op 'n afstand te hou.

Toe ek op 'n reisende bediening besluit het, het ek het nog nooit so alleen en verlate gevoel nie, tog was ek 'n bittereinder. Ek het oor en oor aan myself bewys dat ek meer op my eie kan doen as die meeste mense. Ek het gevoel as ek mense in my lewe toelaat, sou hulle my pas vertraag — en ek sou tog net 'n maand in Sean en Shelley se huis vertoef.

Dit het my jare geneem om te besef, wat ek gewens het ek my hele lewe al kon weet: "Vlieg altyd geïsoleerd"? Doen altyd alles alleen? Dit is hoe om (nie) die wêreld te red (nie). Die waarheid is dat ons nooit alleen die doel kan vervul wat God vir ons lewens beplan nie en ons kan nie word wie Hy ons geskep het om te wees nie. Gemeenskap met mense kan uitdagend wees. Baie van ons was betrokke in 'n gemeenskap wat ons seergemaak het en ons wil nie die verkeerde mense vertrou nie. Ons besluit dan dat ons alleen (op ons eie) kan oorleef as dit moet.

Die Skepper van die heelal het ons egter geskape om in 'n gemeenskap te wees — met God en met mekaar. Gemeenskap is nie opsioneel nie. Dit is noodsaaklik vir ons lewens om ons volle potensiaal te kan bereik. Gemeenskap bemagtig ons nie net om die opdragte waarvoor God ons roep te voltooi nie, maar om die mense te word wat Hy ons geskep het om te wees. Die vyand weet dit. Hy wil hê ons moet die leuen moet glo dat ons nie gemeenskap nodig het nie.

Sean en Shelley het my gewys wat ware Jesus-gesentreerde gemeenskap kan wees. Ek het besef dat ek alleen kan leef, maar dat ek nie na die beste van my vermoë ten volle aan God gehoorsaam kan wees as ek nie vriendskappe binnelaat nie. Hulle het my geleer dat ek deel kan word om die soort gemeenskap te skep waarvoor ek gebid het.

Wanneer God iemand in jou lewe plaas, moenie dit ignoreer nie. As jy dit ignoreer, kan jy nie die verskeie lewegewende verhoudings om jou beleef wat jou kan opbou en versterk nie. Beveg die versoeking om te beperk wat God in en deur jou lewe en deur sy mense wil doen.

Vir baie van ons is die eerste tree om met aanvaarding te begin en om te vra. Besluit dat jou doel dit werd is om mee te begin, en omdat gemeenskap dit versterk, is dit werd om te waag en 'n tree vorentoe te neem. As ons besluit om op ons eie die lewe aan te pak, kan ons nooit ons hoogste potensiaal bereik nie. Die kerk is Jesus se plan om 'n wêreld te bereik wat Hom uitermate nodig het. Hoe meer verenig ons is, hoe groter sal ons impak wees. God roep ons, sy kerk, om saam met Hom in sy sending te wees om die wêreld te red.


Optrede

Hoekom is dit soms moeilik om by 'n gemeenskap in te skakel?

Hoe kan jy beter inskakel by 'n egte gemeenskap van toegewyde volgelinge van Jesus? Hoe kan jy daarvan deel wees om so 'n gemeenskap uit te bou?

Is daar iemand met wie jy die moed het om na uit te reik en 'n verbintenis mee te begin?


Wil jy dieper delf en meer weet hoe om te stry vir diegene vir wie jy lief is, en dieper in jou geloof te groei?
Laai 'n gratis hoofstuk van How (Not) to Save the World af & kom meer oor die boek te wete: www.hosannawong.com/savetheworld.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How (Not) to Save the World: The Truth About Revealing God’s Love to the People Right Next to You

Wil jy graag alles in jou vermoë doen vir die mense wat jy liefhet en vir ander wys hoe kosbaar hulle vir God is? In hierdie 5-dag leesplan, wat gebaseer is op Hosanna Wong se boek "How (Not) to Save the World", ontdek jy die onwaarhede wat jou verhinder om ander so lief te hê soos God van jou verwag. Staan tyd af om Jesus te leer ken en deur jou unieke belewenis Hom met ander te deel.

More

Ons wil graag HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson bedank vir die verskaffing van die leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/savetheworldyouversion