Leesplan inligting

Goeie RaadVoorbeeld

Good Advice

DAG 4 VAN 6

Hoe om Huwelike te Beskerm



Of jy nou getroud is of nie, verbeel jou die volgende: Jy kyk na die persoon wat besluit het om sy hart, sommige van sy drome, sy liggaam, sy lewensjare en sy status as enkellopend prys te gee, want hy wou in 'n lewenslange eksklusiewe vennootskap van onselfsugtige liefde met jou wees. Jy is op die punt om hom te vertel dat jy al hierdie dinge op die spel plaas, want iemand by die werk flankeer met jou, of omdat jy dink dat hy nie meer na jou luister nie, of omdat jy dink dat hy sy passie in die slaapkamer verloor het.



Niemand wil deel wees van daardie gesprek nie. Te veel van ons sal wel. Miskien verwaarloos ons ons maat se begeertes. Miskien geniet ons tyd alleen saam met iemand anders. Miskien laat ons toe dat pornografie, werk of bediening in ons huwelik inkom. Indien 'n huweliksberader enige van hierdie punte aanbeveel vir 'n gesonder verhouding, sal ons nie weer na daardie berader gaan nie. Kom ons raak ontslae van slegte raad en vervang dit met die goeie dinge!



  1. Radikale vermindering van risiko's. Risiko is vir gewaagde sport, pensioenfondse en sakeondernemings bedoel, nie vir huwelikstrou nie. Dit is wonderlik om saam risiko's te ervaar, soos om na 'n nuwe plek te verhuis of om op God-geïnspireerde avonture te gaan. Moet egter nie jou huwelik op die spel plaas nie. Blaas liewer die vuur van jou geloof aan. Moet nooit teenoor ander mense sleg praat van jou maat nie. Nooit ooit nie. Omring jouself met sterk huwelike. Laastens, vermy risiko situasies met die teenoorgestelde geslag. Is dit regtig so belangrik om alleen met iemand van die teenoorgestelde geslag iewers heen te gaan? Moet nooit alleen wees met die verkeerde mense nie.

  2. Gee jou grasperk water. Indien die gras groener is aan die ander kant, gee dan jou eie grasperk water. Ontdek jou maat se liefdestaal en stort passievolle diens daarin. Was die skottelgoed. Gaan vir berading. Doen oefening. Luister na mekaar. Raak ontslae van daardie sweetpakbroek. Bring meer tyd alleen deur, wees geestelik een. Maak jou maat die belangrikste mens in jou lewe. Plaas jou maat voor die kinders, werk, geld, stokperdjies en ja, jou eie ma! Wees lief vir jou maat soos Christus die kerk liefhet.

  3. Verstaan die verwoesting van egbreuk. Ongeag wat die boeke en televisie van liefdesdriehoeke sê, weet dat egbreuk lewens verwoes. Dit maak die twee mense wat in die huwelik betrokke is seer en ook die kinders, hul familie, hulle vriende, hulle kollegas, die mense wat na hulle opgesien het, hulle sakeondernemings, hulle bediening en die toekoms van hulle huwelike. Dit is die kortlys. Dit is lelik en nooit die moeite werd nie. Google dit — Hoeveel egbreuk liefdesverhoudinge eindig werklik in troues?

  4. Ken God se Goeie Nuus. Selfs wanneer ons ontrou is, is God getrou. Egbreuk is wel 'n grondige rede vir egskeiding, maar dit is ook gronde vir vergifnis. Christus het vir alle sondes gesterf. Indien jy egbreuk ervaar het, daar is genesing beskikbaar. Kyk na Christus, vind krag om te vergewe, soek berading, herwin vertroue en doen die harde — maar ongelooflik kragtige — werk van herstel.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Good Advice

Verslawing, egskeiding, ontevredenheid en geestelike leegheid. Hoe beland ons in hierdie chaos? Dit is asof ons op een of ander manier slegte raad volg. Hierdie Life.Church leesplan is vir mense wat ontslae wil raak van ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid