Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld
Gedemonstreerde Geloof
Jean Vanier, die stigter van die L'Arche gemeenskap, het sy lewe daaraan gewy om mense wat deur die samelewing uitgewerp is, is lief te hê. L'Arche skep lewendige gemeenskappe vir gestremdes en díe wat intensiewe sorg nodig het, wat sonder hierdie tuistes, in inrigtings geplaas sou word. Vanier vertel hoe die gemeenskappe fokus op die mees basiese aktiwiteite van die fisiese versorging van die liggaam—bad, aantrek en kosgee vir die inwoners wat nie sulke dinge self kan doen nie.L'Arche se werk stem ooreen met Jakobus se reguit vraag: "Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie?" (Jakobus 2:14). Geloof is nie net 'n geestelike toestand of 'n abstrakte idee nie, maar 'n lewe wat deur waarheid deurweek is en beoefen word.
Geloof wat net in woorde en nie in dade beoefen word nie, is nie ware geloof nie. Wanneer ons ander mense sien wat behoeftig of in gevaar is en ons klop hulle net op die rug met 'n niksseggende: "Die Here seën jou," of ons sê: "Laat dit goed gaan," is Jakobus se vermaning op ons van toepassing: "...wat help dit dan?" (v 16). Die antwoord is eenvoudig: Sulke vroom, niksseggende optrede help niks nie.
Jakobus beskryf dit so: "Die bose geeste glo dit ook" (v 19). Sulke halfhartige geloof is maar dieselfde as dié van demone. Ware geloof doen iets. Ware geloof aanvaar wat God sê en reageer daarop. Ware geloof—diepgewortelde geloof—is nie net 'n geval waar ons ons kop gebruik nie, maar ook ons liggaam, wil, hoop, begeertes en gemeenskappe. Geloof word gedemonstreer as ons God vertrou en gehoorsaam en dit dan opvolg met dade. Ware geloof is beter as enigiets wat 'n demoon ooit geken het, want ware geloof kom van God self af. —Winn Collier
MEER: Lees 1 Petrus 1:5-8. Hoe beveel Petrus aan dat ons ons geloof aanvul of vervul? Maak 'n lys van wat hy sê saam met geloof gaan.
VOLGENDE: Hoe en waar moet jy vandag jou geloof beoefen? Wat het jou soms daarvan weerhou om in geloof op te tree? Hoe kan ware geloof jou help om vorentoe te beweeg?
Aangaande hierdie leesplan
Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare outeurs, wie se insigte 'n inspraak in jou lewe sal hê. Elke kort oordenking bevat 'n verhaal met verskeie meegaande Skrifverwysings en 'n "Volgende" afdeling om jou te help om in diepte na te dink oor wat jy gelees het. Benut jou stiltetyd ten beste met hierdie waarhede en bemoedigings uit "Ons Daaglikse Reis".
More