Om die Drie-eenheid te Ken en Lief te HêVoorbeeld

Knowing & Loving the Trinity

DAG 1 VAN 4

Gebed: Vader, U is so oorweldigend goed. Ek sal nooit ten volle die breedte en wydte verstaan van wie U is nie, maar ek wil vra dat U beide my begrip en liefde vir U deur hierdie oordenking sal laat groei. Amen.


Om die God wat is te Ken en Lief te Hê  

Daar is net een God.  

Die Vader is God.

Die Seun (Jesus) is God. 

Die Heilige Gees is God. 

Tog is die Vader nie die Seun of die Gees nie. 

Die Seun is nie die Vader of die Gees nie. 

Die Gees is nie die Vader of die Seun nie. 

Die merkwaardige stellings wat jy pas gelees het, openbaar 'n fundamentele, ingewikkelde, ewige, verwarrende en wonderlike waarheid: die God van die heelal is Drie-enig. Daarom glo Christene in die Drie-eenheid. Die weetgierige leser sou "egter" so reageer: "Waar in die Bybel kom die woord "Drie-eenheid" dan voor?" Die besorgdheid wat hierdie uitstekende vraag aanroer, word vinnig opgelos wanneer ons 'n paar feite oordink:

  • Daar is indrukwekkende bewyse in die Bybel dat die stellings hierbo waar is en God dus Drie-enig is. 
  • Die gebruik van die Drie-eenheid as frase, is kort na die Bybel geskryf en gesirkuleer is, deur die kerk aangeneem. 
  • Kort na die hewige vervolging in die vroeë kerkgeskiedenis bedaar het (325 n.C. om presies te wees), het die kerk bymekaar gekom om duidelik te maak wat geglo word en 'n verklaring is uitgereik wat dit bevestig dat God Drie-enig is. 

Tog kom die waarheid dat God Drie-enig is, dikwels net so toepaslik in ons daaglikse lewe voor as die bestudering van Boltzmann se teorie oor die maatsaf van wanordelikheid. Ons beskou dit dus as 'n onderwerp wat nie ter sake is nie en laat dit aan die filosowe oor om te hanteer. Die doel van hierdie oordenking is nietemin om daardie siening uit te daag deur onsself die volgende belangrike vraag te vra: Wat as die waarheid dat God Drie-enig is, nie 'n verborge leerstelling is waaraan ons onsself nie moet steur nie, maar 'n wonderlike, verruklike en toepaslike waarheid is wat ons moet aangryp? Wat as die feit dat God drie in een is, eintlik sin maak van sy eienskappe en dade? Wat as die feit dat God drie in een is, eintlik die beste verdediging van ons geloof is? Wat as God juis wil hê ek moet Hom ken en aanbid op 'n meer diepgaande wyse omdat ek beter verstaan wie Hy is? Kom ons kyk of ons hierdie vrae saam kan beantwoord. 


Kyk in die Woord:

  1. Lees Deuteronomium 6:4-9. Wat wil God hê moet die mense van Hom weet?
  2. Lees Johannes 14:16-17. Wie is aan die woord, wat sê hulle en wat openbaar dit van God? 
  3. Lees Matteus 28:19. Watter opdrag gee Jesus aan sy dissipels (en aan ons) en wie word verteenwoordig in die doopformulier wat Hy verskaf? Waarom dink jy sluit dit al drie name in? 


Wat is Volgende? 

  1. Bid en dank God dat Hy is wie Hy is en dat Hy jou gekies het om lief te hê.
  2. Bid en bely eerlik aan God jou gevoelens en gedagtes oor die idee dat Hy die "Drie-eenheid" is. Indien jy verward, onseker of ver voel, vertel Hom.
  3. Kyk vandag om jou na al die dinge in die wêreld waarin jy jou kan verlustig, dinge wat aan ons plesier verskaf. Neem waar hoe vol skoonheid en wonderlik die heelal is. Wanneer jy dit gedoen het, dank God dan dat Hy al hierdie goeie, pragtige en genotvolle dinge geskape het.

Skrif

Sekere Skrifgedeeltes is nie in jou huidige Bybelweergawe beskikbaar nie.