Hy Het Uitgebloei!Voorbeeld
![He Bled Out!](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25774%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
'N WÊRELDPERSPEKTIEF
God praat met ons in beide ons kulturele tale en ons persoonlike tale. Hy ontmoet ons en vereenselwig Homself met ons, waar ons ook al is. Dit maak nie saak of jy 'n man, 'n vrou of 'n kind is nie. Dit is hoekom die boek Hebreërs so ʼn gepaste naam is, want God praat met die Hebreeuse mense op ʼn manier wat hulle verstaan. Die boek is gefokus op die begeleiding van die mense in die Joodse tradisie, om die openbaring van wie Jesus is, beter te verstaan. Hy was een van hulle, maar hulle het gefaal om Hom as sulks te sien. Die skrywer van Hebreërs gebruik illustrasies wat met hulle kultuur verband hou, om Jesus aan hulle bekend te stel.
Om wêreldwyd effektief te wees, moet 'n mens wêreldtale kan praat en wêreldwye ervarings hê, wêreldwye beeldspraak gebruik en 'n wêreldwye begrip van die waarheid hê. Die waarheid is dieselfde vir almal, maar die illustrasies wat gebruik word om die waarheid duidelik te maak, moet pas by die gehoor en word bepaal deur die persoon se vaardigheid om homself op verskillende maniere kan uitdruk.
God het iemand nodig gehad om met die Hebreërs te kon praat omdat verlossing eerste na die Jode toe gekom het en daarna na die Grieke. Die boodskap van verlossing moes eers oorgedra word aan diegene wat in ʼn verbondsverhouding met God was, en daarna na ander. Die Jode se verwerping van die Brood van die Lewe het die deur oopgemaak vir die heidene om te ontvang wat die Jode verwerp het. God, wat nie gewillig is om enigiemand te sien verlore gaan nie en begeer dat almal tot bekering moet kom, poog in die boek van Hebreërs om sy lesers ʼn dieper begrip te gee van wie Hy is. Die boek begin met die skrywer wat vertel hoe God “baie keer en op baie maniere” met ons praat. Met ander woorde, God praat op verskillende tye, met verskillende ouderdomsgroepe, deur verskillende mense, net om te bewys dat Jesus die Messias is, dié Een wat gekom het om die mensdom te red.
Het God al jou taal gepraat? Weet jy in jou individuele en gesamentlike kulture wie Jesus is? Kan jy die boodskap van Jesus Christus aan verskillende mense oordra — mense van enige ras, geloofsoortuiging, of kleur — en jouself effektief met hulle vereenselwig, ten spyte van julle verskille? God soek mense wat gewillig is om uiteenlopend te wees en begrip te hê vir daardie verskille. Hy roep alle mense om in eensgesindheid met God en in vrede met mekaar te leef.
Aangaande hierdie leesplan
![He Bled Out!](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F25774%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Toe Jesus aan die houtkruis gesterf het, het sy bloed tot in die dieptes van ons siele ingeloop. Ons was uiteindelik herenig met God, wat met ons praat deur 'n universele taal wat direk tot ons omstandighede spreek — dit maak nie saak wie ons is nie, dit maak nie saak waar ons vandaan kom nie, en dit maak nie saak wat ons skei nie. Hy het uitgebloei sodat almal kon inkom!
More