Familie Eerste Maak SaakVoorbeeld
FINANSIES
Die Bybel praat beslis oor ons finansies aangesien daar 2 350 verse is wat oor geld praat. Miskien is dit omdat God weet hoe belangrik geld vir die mens is. Daar word gesê dat as ons 'n geldelike probleem het, gaan ons probleem nie oor geld nie, maar dit is eerder 'n geestelike probleem. Dus, wat is die Bybelse beginsels ten opsigte van geld?
Eerstens moet ons erken dat God die bron van alles is (Filipense 4:19). Wanneer ons geld nodig het, is gebed die antwoord — omdat God altyd sal voorsien.
Tweedens, is dit noodsaaklik om te gee. Volgens Deuteronomium 14:23 is een doel van tiendes gee om God se mense te bereik sodat hulle God eerste in hul lewens stel.
Ten derde, moedig die Bybel ons aan om te spaar (Spreuke 21:20). In die boek Spreuke word die mier gebruik om die waarde van spaar vir onvoorsiene omstandighede aan ons te illustreer.
Vierdens, vermy skuld. Spreuke 22:7 sê dat die oomblik wat 'n persoon geld skuld, hy van sy vryheid verloor omdat hy 'n slaaf van die lener word.
Vyfdens, leer om tevrede te wees. Hebreërs 13:5 vertel ons om gierigheid te vermy en te leer om tevrede te wees.
Sesdens, leer om te begroot (Spreuke 23:23). As ons goeie rentmeesters van God se geld wil wees, moet ons leer om rekord te hou soos iemand met 'n plan. Wees eerlik met jouself. Wanneer jy leer om behoorlik te begroot, sal jy nie in finansiële moeilikheid kom nie.
Laastens, soek God se raad (Psalm 1:1) Voordat jy 'n groot finansiële besluit neem, soek raad. Soos ons leer om hierdie ewige beginsels in ons finansies te volg, sal ons die vreugde en seëninge leer ken wat uit vertroue en gehoorsaamheid aan God kom.

Aangaande hierdie leesplan
Een van die mees algemene probleme in die vinnige samelewing waarin ons leef, is hoe om 'n gebalanseerde lewe te skep tussen persoonlike, familie- en professionele lewe, areas waarin ons almal wil presteer. Dit veroorsaak dikwels onnodige spanning wat lei tot ongesonde, stresvolle werk en uiteindelik ly ons produktiwiteit daaronder. Die gebruik van dié 7-punt Welstandmodel sal ons help om ons lewens so te verander dat ons dit beter kan bestuur, doeltreffende werkers kan word en ons gesinsverhoudings kan verbeter.
More
Ons bedank Pamilya Muna Pilipinas Inc. vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: www.pamilyamunapilipinas.org