Die Seën van die AlledaagseVoorbeeld
![The Blessing of Ordinary](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2563%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Knap Gedaan
Hierdie leesplan gaan nie oor 'n waardevermindering van groot dade van geloof nie, maar om die kring van groot geloof uit te brei om die "gewone" dade van alle mense in die spektrum in te sluit, nie net die vooraanstaande mense nie. God vra nie dat jy beroemd sal wees nie; God vra dat jy getrou sal wees … voor enige groot dade, na enige groot dade, of sonder enige groot dade.
In Matteus 25, wanneer Jesus terugkom om te sien waarmee ons besig was, lyk Hy nie veel besorg oor ons wêreldse prestasies nie, maar wil Hy eerder weet wat ons gedoen het, wat ons gegee het, selfs as dit "net" werk in die "lande" of "maal van die graan" was. Die woorde wat ons graag sal wil hoor is “Wel gedaan, my goeie en getroue dienskneg,” nie “Wel gedaan, my goeie en suksesvolle dienskneg nie.”
Die misnoeë van die Meester met die een dienskneg in die gelykenis, gaan nie oor die gebrek aan dividende nie, maar oor die redes agter die gebrek aan dividende. As ons die gelykenis vandag weer oorvertel, dink ek dat 'n akkurate parafrase van die minder talentvolle man se verskoning só sou klink: "Dit was nie veel in vergelyking met die ander nie, dus het ek niks daarmee gedoen nie."
Ons weet nie wat die beloning vir die man met net een talent sou gewees het nie, maar as die vorige belonings ons 'n idee gee, klink dit of hy baie dinge sou ontvang het, ook die geleentheid om deel van die besigheid se sukses te wees. Die man is egter uitgedryf omdat hy nie aan die Meester se besigheid getrou was nie.
In die evangelies leer ons alles wat die Meester se besigheid is. Dit is om vrugte te dra terwyl ons in Jesus bly, deur lief te hê soos Jesus liefgehad het. Hoe kan jy die ander in jou kring liefhê met die unieke gawes waarmee God jou geseën het? Kan jy daarin getrou wees?
Getrouheid beteken nie dat jy nooit moeg is, of dat jy nie foute gemaak het nie. Dit beteken dat jy probeer om getrou te wees aan dit wat jy weet waar is van die Meester se hart. Wanneer jy verkeerd opgetree het, moet jy nie die fout begrawe soos die man met een talent nie. Jy weet dat die Meester wil hê jy dit moet erken, dus, bely en ontvang genade.
Soms beteken getrouheid nie om deur te druk nie, maar om nee te sê, om 'n ruskans te vat of om hulp te vra. Getrouheid is 'n marathon, nie 'n naelloop nie. Dit is 'n wedloop, maar dit is nie 'n kompetisie nie.
Môre doen ons 'n samevatting van ons gedagtes met een finale konsep wat getrouheid in die karakter van God plaas en in konteks van die alledaagse.
Aangaande hierdie leesplan
![The Blessing of Ordinary](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2563%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde is nie, maar in jou huidige lewe. Sluit die volgende tien dae by ons aan terwyl ons die seën vind in die wonderlike alledaagse, en leer om tevrede te wees daarmee.
More