Die Seën van die AlledaagseVoorbeeld

The Blessing of Ordinary

DAG 2 VAN 10

Rein van Hart

Ek het grootgeword in 'n era van Christelike obsessie met die Eindtyd. Predikers het noukeurig die naderende terugkeer van die Verlosser voorspel en wedergebore gelowiges het oor die besonderhede van sogenaamde dinge soos die Wegraping, die Verdrukking en die Millennium gedebatteer.

Teen so 'n agtergrond was dit vir my maklik om my voor te stel dat Jesus terugkeer en die getroue volgelinge wat met weeskinders werk, in sopkombuise bedien of die weduwees se voete was, na Hom sal roep. Intussen was die mense wat nie deur Jesus geroep is nie, vry om aan te hou om kerkgeboue af te brand of hondjies te skop of watter aaklige dinge Hy hulle ook al mee sou betrap met sy wederkoms …

Wanneer Jesus sy wederkoms in Matteus 24 beskryf, vind ons dat die een wat deur Jesus weggeraap is, en die een wat agterbly, besig is met presies dieselfde aktiwiteite. Die tonele wat Hy skets, is van twee mans wat in die landerye werk en twee vroue wat graan maal. Beide is twee eenvoudige, alledaagse aktiwiteite direk uit die "Eenvoudige Alledaagse Lewenshandleiding."

Ja, dit is wonderlik om kos in sopkombuise te bedien, en nee, jy moet nie kerkgeboue afbrand nie, maar laat dit vir 'n oomblik in die siel insypel wat Jesus oor sy wederkoms sê … Mense sal met gewone dinge besig wees. Daar is maniere om gewone dinge te doen wat God behaag, en maniere wat dit nie doen nie.

Ek het geen idee of die man wat in die landerye agtergelaat is, 'n aaklige verborge sonde gehad het nie, of die vrou wat God kom haal het, elke week duisende haweloses gevoer het nie; maar ek weet wel dat Jesus nie 'n dramatiese menslike toneel beskryf het vir sy terugkoms nie, maar 'n paar alledaagse aktiwiteite.

Ons, net soos Samuel tydens die salwing van Dawid, kan na ander kyk wat so wonderlik lyk en sê: “Sekerlik, is dit die Here se gesalfde …” en vergeet waarna die oë van die Here regtig kyk: "Ek kyk nie na die dinge waarna die mensdom kyk nie … Ek kyk na die hart." Dit maak nie saak waar ons is of wat ons doen nie, van die eenvoudige tot die sensasionele; in koringlande of sokkervelde, van maal by die graanmeule tot inkopies in winkelsentrums, ons harte kan nogtans in aanbidding op die Here reageer.

Meer as die aktiwiteite self, kyk God na die rede waarom ons dinge doen. Jesus, help my vandag om te konsentreer op die gesindheid van my hart, te midde van my optrede. Seën elke gewone oomblik as 'n geleentheid om 'n buitengewone God te aanbid.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Blessing of Ordinary

Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde is nie, maar in jou huidige lewe. Sluit die volgende tien dae by ons aan terwyl ons die seën vind in die wonderlike alledaagse, en leer om tevrede te wees daarmee.

More

Baie dankie aan Matt Orth wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lesswithoutyou.com/matto/