God se Ontwerp vir SeksVoorbeeld

SEKS EN DIE HUWELIK
Seks is vir die huwelik, en die huwelik is vir seks. Uitsluitlik.
Die rede is dat seks nie net 'n kwessie van onskuldige vermaak is nie. Dit is nie net 'n prettige manier om wedersydse liefde te toon nie. Soos bespreek in ons vorige afdeling, "Seks en die Drie-eenheid", is dit die geaardheid van God wat uitgedruk word deur die eenheid van twee mense wat een vlees word.
Die meeste kritici en skeptici van Christelike reinheid, argumenteer dat die Bybel “niks te sê het” oor seks voor die huwelik nie. Hulle sê, die probleem is dat niks negatiefs ooit die daad "veroordeel" of voorstel dat "jy nie mag nie." Die Bybel spreek egter sy perspektief oor die saak hoofsaaklik in positiewe terme uit.
“Hy [Jesus] het hulle geantwoord: 'Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’" (Matteus 19: 4-5; aanhaling uit Genesis 1:27, 2:24)
Die standpunt hier is duidelik: die huwelik en die "eenwording van die vlees" van Genesis 2 – wat deur die seksuele daad verseël word – is een en dieselfde. Jy kan nie die een sonder die ander hê nie.
Dit pas perfek in by die waarskuwing van die apostel Paulus in 1 Korintiërs 6:16: "Of weet julle nie dat iemand wat met 'n ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar is nie? God sê immers: 'Die twee sal een word.'” Dieselfde konsep lê onderliggend aan Jesus se onverbiddelike standpunt oor egskeiding: "Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie." (Matteus 19:6)
Dit word ook geïmpliseer in die gebod teen owerspel (Eksodus 20:14). Volgens die Bybelse siening word owerspel gesien as enige seksuele daad wat buite die intimiteit van die huwelik gepleeg word. Dit is waarom die skrywer van Hebreërs vir ons sê: "Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom." (Hebreërs 13:4)
Dit is belangrik om by te voeg dat God wil hê dat ons seks vir die huwelik moet bewaar, nie omdat dit "sleg" of "vuil" is nie, maar juis omdat dit so 'n unieke, eksklusiewe en wonderlike ding is. Seks is 'n heilige wonder. Dit is 'n kragtige band wat die verhouding tussen 'n man en 'n vrou vorm en beïnvloed soos niks anders kan nie.
Om seks buite die raamwerk van die huwelik te neem, is soos om iets wat aan die Here gewy is vir losbandige plesier te gebruik. Dit is waarom die skrywers van die Skrif so dikwels afgodery met die sonde van ontug of owerspel vergelyk.
Dit verklaar ook waarom hulle seksuele reinheid en getrouheid tussen eggenote as 'n beeld van ons verhouding met God gebruik. (soos bv. in Hooglied, Hosea en Esegiël)
Om die ou lied "love and marriage go together like a horse and carriage" te parafraseer: seks en die huwelik hoort bymekaar. Die rede hiervoor moet nie net vanuit 'n geestelike perspektief duidelik wees nie, maar ook vanuit 'n suiwer sosiale oogpunt. Die huwelik sluit 'n openbare verbintenis in om 'n sterk en blywende verhouding te bou.
Hierdie verhouding is veronderstel om nie net as 'n basis vir die grootmaak van kinders te dien nie, maar ook as 'n bousteen van sosiale stabiliteit. Dit is die egpaar se bydrae tot die welstand van die breër menslike gemeenskap. Daarom hoort seks, wat die potensiaal het om nuwe lewe te skep, uitsluitlik en streng binne die huweliksband.
Vir meer hulp, besoek "Focus on the Family" of "Pure Intimacy" se webwerf. Jy kan ook die bediening se Beradingsentrum skakel vir 'n gratis konsultasie.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Geldhanteerders by die tesourie, leer om vervalste banknote te identifiseer deur die ingewikkelde patrone wat op die egte geldeenhede voorkom te bestudeer. Net so begin die begrip van die gebrokenheid van seksuele sonde by God se ontwerp vir opregte seksuele intimiteit. Die heiligheid van menslike seksualiteit oortref die liggaamlike daad. Dit weerspieël die heiligheid van God, sy verhouding in die Drie-eenheid en sy begeerte om jou liggaam, siel en verstand gelykvormig te maak aan die beeld van Christus.
More
Baie dankie aan Focus on the Family wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://family.custhelp.com/app/home